{"id":1486,"date":"2020-06-11T06:38:46","date_gmt":"2020-06-11T06:38:46","guid":{"rendered":"http:\/\/dvprep.co.za.www95.cpt1.host-h.net\/?p=1486"},"modified":"2020-10-27T12:08:45","modified_gmt":"2020-10-27T12:08:45","slug":"skoolfonds-gr1-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/skoolfonds-gr1-3\/","title":{"rendered":"School Fees 2020: Grade 1-3"},"content":{"rendered":"<p>Die begroting van die skool vir 2020 is op 03 Oktober 2019 by &#8216;n vergadering aan die ouers voorgel\u00ea en deur &#8216;n meerderheid van die ouers daar verteenwoordig, aanvaar. Die skoolfonds vir 2020 styg vanaf R16,150 na R18,580 per leerder, per jaar. Die verhoging van R2,430 per jaar bestaan uit &#8216;n verhoging van R1 ,430 per jaar in die operasionele begroting en R1,000 per jaar in die kapitaalbegroting (hierdie verhoging van R1,000 per jaar, word in die aangehegde addendum verduidelik).<\/p>\n<p>Ons skool is &#8216;n Artikel 21 skool, dit wil s\u00ea die Suid-Afrikaanse Skolewet bepaal dat skoolgeld betaalbaar is. Die Beheerliggaam mag dus die betaling daarvan deur &#8216;n regsproses afdwing (verwys Artikel 40 en 41 van die Skolewet). Openbare skoolfooie is &#8216;n statut\u00eare verpligting in terme van die Suid-Afrikaanse Skolewet No. 84 van 1996 (soos gewysig), jaarliks vooruitbetaalbaar in die begin van elke skooljaar en die betaling daarvan is <strong>VERPLIGTEND<\/strong>, tensy die ouers kwytskelding of gedeeltelike kwytskelding daarvan toegestaan word.<\/p>\n<p><strong>BEIDE<\/strong> biologiese ouers is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die betaling van die skoolfooie, ongeag die ouers se huweliksstatus of egskeidingsooreenkoms. Enige egskeidingsbevel is <em>inter partes<\/em> bindend op die partye daartoe en het geen effek op die ouers se verpligting teenoor die skool nie. In &#8216;n poging om die finansi\u00eble las van die ouers te probeer verlig, is die skool bereid om gelyke afbetalings op &#8216;n maandelikse basis toe te laat, wat strek oor 10 maande (31 Januarie 2020 tot 31 Oktober 2020). Hierdie toegewing aan ouers verander op geen wyse die feit dat die betaling van die skoolfonds &#8216;n statut\u00eare plig is en nie &#8216;n vrywillige ooreenkoms nie, veral nie &#8216;n kredietooreenkoms soos beskryf in die bepalings van die Nasionale Kredietwet nie.<\/p>\n<h3><strong>DIE TARIEWE PER LEERLING VIR 2020, IS AS VOLG:<\/strong><\/h3>\n<table style=\"width: 100%;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td>1. <strong>Once-off payment<\/strong> voor \/ op 1 Februarie 2020<\/td>\n<td><strong>R17,630.00<\/strong> [R18,580.00 &#8211; R950,00 korting]<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>2. <strong>Gelyke maandelikse betalings<\/strong> oor <strong>10 maande<\/strong> (31 Januarie 2020 &#8211; 31 Oktober 2020)<\/td>\n<td><strong>R1,858.00<\/strong> per maand\u00a0(R18,580.00 per jaar)<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p><strong>LET WEL:<\/strong> lndien &#8216;n rekening 60 dae agterstallig is en oorhandig word aan die prokureurs, is die volle jaar se uitstaande skoolgelde onmiddellik opeisbaar en betaalbaar. Beide biologiese ouers sal gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou word vir betaling van die uitstaande balans van die jaar se skoolgelde, sowel as vir alle regskostes van die invorderingsproses, op &#8216;n prokureur en kli\u00ebnt skaal, rente en invorderingskommissie.<\/p>\n<p><strong>METODES VAN BETALING<\/strong> <span style=\"color: #ff0000;\">(L<em>et asb daarop dat die nasorg &#8216;n ander bankrekening gebruik<\/em>)<\/span><\/p>\n<p><strong>1. INTERNET<\/strong><\/p>\n<table style=\"width: 100%;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td>Bank<\/td>\n<td>ABSA<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Takkode<\/td>\n<td>632005 (Durbanville)<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Rekeningnommer<\/td>\n<td>1410940074 (tjekrekening)<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Verwysing<\/td>\n<td>Familiekode (soos aangedui op staat &#8211; <span style=\"color: #ff0000;\">baie belangrik<\/span>) en LEERLING SE VAN, byvoorbeeld:<br \/>\n<strong>0001 Adams<\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p><strong>2. KONTANT<\/strong><br \/>\nDie wyse van betaling word slegs oorweeg, indien &#8216;n re\u00ebling met die skool getref word en word ontmoedig as gevolg van veiligheidsredes en\/of addisionele bankkostes.<\/p>\n<h3><strong>AANSOEK OM FINANSI\u00cbLE HULP \/ VRYSTELLING<\/strong><\/h3>\n<p>Ouers wat nie die skoolfonds kan bekostig nie, mag by die Beheerliggaam aansoek doen vir algehele, gedeeltelike of voorwaardelike finansi\u00eble hulp \/ vrystelling van skoolgeld (prosedure soos in Art. 39 van die Skolewet). Om te kwalifiseer vir enige finansi\u00eble hulp \/ vrystelling, word beide die biologiese ouers se gesamentlik jaarlikse bruto inkomste (punt 6.2 van die regulasie) as maatstaf gebruik. Finansi\u00eble hulp \/ vrystelling word gefinansier as &#8216;n uitgawe-item op die skool se jaarlikse begroting. Aansoeke om vrystelling moet dus met groot omsigtigheid deur ouers hanteer word.<\/p>\n<ol>\n<li>Aansoeke vir finansi\u00eble hulp vir 2020 moet ons voor \/ op <strong>Vrydag, 14 Februarie 2020<\/strong> bereik.<\/li>\n<li>Aansoekvorms is verkrygbaar by me. Wilma Kotz\u00e9, by die Finansi\u00eble kantoor vanaf Januarie 2020.<\/li>\n<li><strong>SLEGS<\/strong> aansoeke wat <strong>VOLLEDIG<\/strong> deur albei ouers ingevul is, sal oorweeg word.<\/li>\n<li>Suksesvolle aansoeke is <strong>SLEGS geldig vir die betrokke jaar.<\/strong><\/li>\n<li>lndien daar nie by die betalingsvoorwaardes gehou word nie, behou die Beheerliggaam die reg voor om die vrystelling ten volle terug te trek en aan die prokureurs te oorhandig.<\/li>\n<li>lndien die ouer se finansi\u00eble posisie verander\/verbeter, is dit sy\/haar plig om die skool onmiddellik hiervan in kennis te stel.<\/li>\n<\/ol>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die begroting van die skool vir 2020 is op 03 Oktober 2019 by &#8216;n vergadering aan die ouers voorgel\u00ea en deur &#8216;n meerderheid van die ouers daar verteenwoordig, aanvaar. Die skoolfonds vir 2020 styg vanaf R16,150 na R18,580 per leerder, per jaar. Die verhoging van R2,430 per jaar bestaan uit &#8216;n verhoging van R1 ,430 &#8230; <a title=\"School Fees 2020: Grade 1-3\" class=\"read-more\" href=\"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/skoolfonds-gr1-3\/\" aria-label=\"Read more about Skoolfonds 2020: Gr1-3\">Read more<\/a><\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[22],"tags":[],"class_list":["post-1486","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-skoolfonds"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1486","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1486"}],"version-history":[{"count":14,"href":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1486\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2508,"href":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1486\/revisions\/2508"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1486"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1486"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/dvprep.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1486"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}