Daaglikse Roetine

1. ONTVANGS

Leerders kom direk na skool na die nasorg toe. Elke leerder word daagliks in die register afgemerk en deur die ouers uitgeteken as hul afgehaal word.

2. TOILET ROETINE

Vir die uittrek van skoolklere en aantrek van iets meer gemaklik. Ouers mag ekstra klere inpak waarin leerders buite kan speel.

3. ETENSTYD BY DIE TIENIE LOUW SENTRUM

Al die nasorg leerders eet by die Tienie Louw Sentrum. Die nasorg voorsien ligte middagmaal aan die Gr 1-3 leerders. Die Gr 1 leerders tydens tydens tweede pouse (12h00) na die nasorg vir etenstyd. Gr 2 en Gr 3 leerders eet na hul badkamer roetine.

4. HUISWERK

Maandae tot Donderdae word huiswerk gedoen in ‘n stil en goed beheerde lokaal. Daar word na Wiskunde, Taal geletterdheid en Lees omgesien. Huiswerk bly die ouers se verantwoordelikheid.

5. BUITE SPEL

Buite spel vind onder toesig plaas op aparte speelgronde. Personeel is elke dag aktief betrokke met toesighouding en speletjies.Leerders is welkom om op Vrydae gemerkte balle, krieketstelle en springtoue na die nasorg saam te bring.

6. BADKAMER ROETINE

Leerders gaan in ‘n groep met beleiding van ‘n toesighouer badkamer toe.

7. PEUSELHAPPIE-TYD

Nasorg verskaf die peuselhappie, geen ongesonde lekkergoed word deur die nasorg aan die leerders voorsien nie. Slegs leerders wat voldag nasorg bywoon, ontvang ‘n ligte peuselhappie.

8. BYWONINGSREGISTER

Leerders pak hul tasse betyds om gereed te wees wanneer die tyd aanbreek om huistoe te gaan. Toesighouers merk weer die registers en ruim op voor 18:00. Ouers moet seker maak dat u en die die verantwoordelike toesighouer die registers uitteken en dat u die nasorg vroegtydig inlig indien iemand anders as u die leerder kom afhaal.

9. NASORG SLUIT OM 18H00

Stiptelikheid is baie belangrik en ons vra dat ouers asb daarby hou. Geen halfdag of voldag leerders word na 18:00 op die perseel toegelaat nie. Ouers sal onmiddelik geskakel word en gevra word om ander reelings te tref.

Nasorg is slegs tydens skoolkwartale oop. Ouers word aangemoedig om vroegtydig reelings te tref vir die skoolvakansies.