Durbanville Voorbereidingskool

MEER OOR INSKRYWINGS

Graad R & Graad1

Nasorg

graad r & graad 1

Aansoekproses vir 2026

Daar word van alle openbare skole verwag om by die volgende WKOD-toelatingstydraamwerke te hou:

  • Skooltoelatings open op 11 Maart 2025 en sluit op 15 April 2025.
  • Aansoeke ontvang na 15 April 2025, sal as laat aansoeke hanteer word.
  • Ouers word op 30 Mei 2025 van die uitslag in kennis gestel.
  • Ouers moet tussen 30 Mei 2025 en 10 Junie 2025 die plek aanvaar op die WKOD-webwerf sowel as per e-pos aan Durbanville Voorbereidingskool / Durbanville Voorbereidingskool Pre-primêr.

Prosedure:

U is verplig om op die Wes Kaapse Onderwys Departement (WKOD) se aanlynstelsel aansoek te doen. Geen hardekopie aansoekvorms moet by die skool ingedien word nie.  Gebruik die volgende skakel: https://admissions.westerncape.gov.za/admissions/ADMISSION.login.

Op die stelsel moet ouers aansoek doen by minstens drie skole naaste aan u huisadres en in voorkeur volgorde.

Alle dokumente wat deur die WKOD vereis word, moet op die WKOD se webtuiste gelaai word.

Wanneer u aanlyn registreer en aansoek doen op die WKOD webtuiste, moet die volgende dokumente byderhand gehou word:

  • Bewys van residensiële adres (slegs gesertifiseerde munisipale rekeninge of geldige en gesertifiseerde huurkontrakte sal aanvaar word).
  • Gesertifiseerde afskrif van leerder se gehoortesertifikaat / paspoort.
  • Gesertifiseerde afskif van biologiese ouers / voogde se ID dokumente.
  • Laaste amptelike skoolrapport wat ontvang is (2024).
  • Gesertifiseerde afskif van immuniseringskaart.
  • CEMIS nommer van broer of suster wat reeds ‘n ingeskrewe leerder by Durbanville Voorbereidingskool is. Vul asseblief die broef of suster se besonderhede ook op die aanlyn WKOD aansoek in.

Indien die leerder se aansoek suksesvol was, moet gesertifiseerde afskrifte van stawende dokumente, binne sewe skooldae, nadat die ouer (s) / voog (de) die plek by die skool bevestig het, by die skool afgelewer word.  Die aansoek sal onvolledig geag word totdat alle relevante stawende dokumente by die skool ingedien is.

Let wel:  Indien u kind reeds ‘n ingeskrewe leerder by Durbanville Voorbereidingskool Pre-primêr vir 2025 is, hoef u nie deur die WKOD aanlynstelsel aansoek te doen vir Graad 1 nie. Graad R leerders van Durbanville Voorbereidingskool Pre-primêr word OUTOMATIES na Graad 1 oorgeplaas in 2026.

Indien u enige navrae het, kontak asb:

Enige navrae rondom die WKOD sisteem kan gerig word aan wced.admissions@westerncape.gov.za

Enige oneerlike of verkeerde inligting wat tydens die aansoekproses ingedien word, kan daartoe lei dat die aansoek afgekeur en / of gediskwalifiseer word deur die skool se Beheerliggaam of die WKOD.

NAVRAE:

Adanda Steenkamp:
021 975 1125

Dit is baie belangrik dat ouers die skool sekretaresse in kennis stel wanneer kontakbesonderhede verander.