Durbanville Voorbereidingskool

MEER OOR AKADEMIE

Hier by die Voorbereidingskool is elke leerder uniek. Ons poog om, as ‘n span, elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel.

TRAP VIR TRAP BOU ONS AAN DIE JEUG VAN ONS TOEKOMS

DOELSTELLINGS

  • Uitnemendheid
  • Gelukkige, ontspanne en tevrede leerders
  • Goeie begrip van die kurrikulum en die suksesvolle implementering daarvan

Ons bied:

  • Didaktiese hulp en verryking vir ons leerders
  • Ons ontwikkel elke leerder holisties en moedig ‘n gevoel van samehorigheid aan om voort te bou op hul selfbeeld.
  • Goeie kommunikasie tussen opvoeders en ouers word gehandhaaf.

Klem word gelê op vier vakke:

Huistaal
Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Lewensvaardighede

  • Daar word voortdurend aandag gegee aan die kennis, vaardighede, waardes en houdings wat die leerders moet bereik binne die onderskeie vakke.
  • Ruimte word geskep vir verryking, asook vir die ondersteuning van leerders met leerhindernisse.
  • Elke leerder ontwikkel holisties en het ’n spesiale plek in die sisteem.
  • Goeie kommunikasie tussen opvoeders en ouers word nagestreef.

KURRIKULUMRAAMWERK

As skool glo ons dat die basiese boustene van goeie onderwys lees, skryf en wiskunde is. Ons streef daarna om hierdie belangrike grondslag aan leerders te gee, ten spyte van kurrikulum veranderinge.

Daar is vier vakke:

HUISTAAL 
bestaan uit:

  • Luister en praat;
  • Lees en klanke;
  • Handskrif en Skryf.

EERSTE ADDISIONELE TAAL
(Engels) bestaan uit:

  • Luister en praat;
  • Lees en klanke;
  • Skryf- en Taalstruktuur.

WISKUNDE 
bestaan uit:

  • Getalle, bewerkings en verwantskappe;
  • Patrone, funksies en algebra;
  • Ruimte en vorm;
  • Meting;
  • Datahantering.

LEWENSVAARDIGHEID
bestaan uit:

  • Aanvangskennis: Sosiale wetenskappe (Geskiedenis en Aardrykskunde), Natuurwetenskap en Tegnologie.
  • Persoonlike- en Sosiale Welsyn: Hoe mense voel en funksioneer op ‘n persoonlike en sosiale vlak.
  • Skeppende Kunste: Dans, drama, musiek en visuele kuns.
  • Liggaamsopvoeding: Waarneming en bewegingsontwikkeling, ritme, balans en lateraliteit.

Robotika,  Kodering, Rekenaars en Xhosa word as deel van die Graad 1, 2 en 3 kurrikulum aangebied.

ASSESSERING

Elke vak het ‘n spesifieke inhoud (minimum vereistes) wat elke kwartaal bemeester moet word. 

Ons gebruik die 7-punt skaal vir assessering. Verder maak ons gebruik van deurlopende assessering op ’n informele vlak.

PRESTASIEKODES

7 – Uitnemende prestasie
6 – Meriete prestasie
5 – Substansiële prestasie
4 – Bevredigende prestasie
3 – Gemiddelde prestasie
2 – Elementêre prestasie
1 – Nie bereik nie

VERSLAGGEWING

  • Leerders ontvang ‘n formele verslag aan die einde van elke kwartaal.
  • Formele ouerafsprake vind aan die einde van elke kwartaal plaas.
  • Gesprekke met ouers vind deurlopend plaas – kommunikasie is vir ons baie belangrik.