
Have a look at what we have been up to in class!

GRAAD R | VOLDAG (- 18h00) | HALFDAG (- 15h00) |
---|---|---|
Jaar 2020 | R 10 800.00 | R 5 400.00 |
10 Paaiemente (1 Jan – 1 Okt 2020) | R 1 080.00 | R 540.00 |
Eenmalige betaling | (voor 31 Jan) R 10 160.00 | R 5 080.00 |
Korting (met eenmalige betaling) | R 640.00 | R 320.00 |
GRAAD 1-3 | VOLDAG (- 18h00) | HALFDAG (- 15h00) |
---|---|---|
Jaar 2020 | R 12 600.00 | R 6 300.00 |
10 Paaiemente (1 Jan – 1 Okt 2020) | R 1 260.00 | R 630.00 |
Eenmalige betaling | (voor 31 Jan) R 11 850.00 | R 5 950.00 |
Korting (met eenmalige betaling) | R 750.00 | R 350.00 |
Alle Grade | Voldag (- 18H00) | Halfdag (- 15h00) |
---|---|---|
Alle Grade | R 80 | R 55 |
Nasorg-inskrywingsvorms kan slegs by die Nasorg-kantoor afgehaal word.
’n Registrasiefooi van R200 is betaalbaar wanneer ’n leerder by die Nasorg aanvaar word. Ouers sal in kennis gestel word indien ’n kind by die Nasorg aanvaar is. Let asseblief op dat die bedrag slegs betaalbaar is indien u kind aanvaar is, en nie saam met die voltooide inskrywingsvorm betaal moet word nie.
Navrae: Charlotte Lucas (074 144 2260)
Epos: charlotte@dvprep.co.za
Leerders kom direk na skool na die nasorg toe. Elke leerder word daagliks in die register afgemerk en deur die ouers uitgeteken as hul afgehaal word.
Vir die uittrek van skoolklere en aantrek van iets meer gemaklik. Ouers mag ekstra klere inpak waarin leerders buite kan speel.
Al die nasorg leerders eet by die Tienie Louw Sentrum. Die nasorg voorsien ligte middagmaal aan die Gr 1-3 leerders. Die Gr 1 leerders tydens tydens tweede pouse (12h00) na die nasorg vir etenstyd. Gr 2 en Gr 3 leerders eet na hul badkamer roetine.
Maandae tot Donderdae word huiswerk gedoen in ‘n stil en goed beheerde lokaal. Daar word na Wiskunde, Taal geletterdheid en Lees omgesien. Huiswerk bly die ouers se verantwoordelikheid.
Buite spel vind onder toesig plaas op aparte speelgronde. Personeel is elke dag aktief betrokke met toesighouding en speletjies.Leerders is welkom om op Vrydae gemerkte balle, krieketstelle en springtoue na die nasorg saam te bring.
Leerders gaan in ‘n groep met beleiding van ‘n toesighouer badkamer toe.
Nasorg verskaf die peuselhappie, geen ongesonde lekkergoed word deur die nasorg aan die leerders voorsien nie. Slegs leerders wat voldag nasorg bywoon, ontvang ‘n ligte peuselhappie.
Leerders pak hul tasse betyds om gereed te wees wanneer die tyd aanbreek om huistoe te gaan. Toesighouers merk weer die registers en ruim op voor 18:00. Ouers moet seker maak dat u en die die verantwoordelike toesighouer die registers uitteken en dat u die nasorg vroegtydig inlig indien iemand anders as u die leerder kom afhaal.
Stiptelikheid is baie belangrik en ons vra dat ouers asb daarby hou. Geen halfdag of voldag leerders word na 18:00 op die perseel toegelaat nie. Ouers sal onmiddelik geskakel word en gevra word om ander reelings te tref.
Nasorg is slegs tydens skoolkwartale oop. Ouers word aangemoedig om vroegtydig reelings te tref vir die skoolvakansies.
Leerders wat nasorg verlaat: Ouers van leerders wat die Nasorg verlaat moet asseblief skriftelik ‘n maand kennis gee. Kennisgewings word aan die Nasorghoof gestuur. Indien nie, sal ouers finansieël verpligtend gehou word.
Afhaal van leerders: Ouers moet hul kinders persoonlik afhaal by die betrokke klas en die registers moet geteken word. Geen leerder mag deur ’n ander persoon afgehaal word nie.
Nasorg is net gedurende skoolkwartale oop en is gesluit gedurende skoolvakansies en op publieke vakansiedae.
Ure: Maandag tot Vrydag:
VOLDAG | HALFDAG | ||
---|---|---|---|
Gr.R | 12:45 – 18:00 | Gr.R | 12:45 – 15:00 |
Gr.1 | 13:15 – 18:00 | Gr.1 | 13:15 – 15:00 |
Gr.2 | 13:30 – 18:00 | Gr.2 | 13:30 – 15:00 |
Gr.3 | 13:45 – 18:00 | Gr.3 | 13:45 – 15:00 |
LET WEL: Ouers word gevra om streng by Nasorg-ure te hou.
Nasorgfooie is vooruitbetaalbaar op/voor die 1ste dag van elke maand, Februarie tot November. Geen leerder sal toegelaat word om Nasorg by te woon indien sy/haar rekening agterstallig is nie.
Bankbesonderhede:
ABSA DURBANVILLE
Rekeningnommer: 4050677 455
Takkode: 334-810
Verwysing: Leerder se Naam en Van
Maak asseblief seker u vergewis uself van die inhoud van ons jaarprogram.
‘n Nuusbrief met hoogtepunte en gebeurtenisse by Nasorg word kwartaalliks gepubliseer.
Bly ingelig en ontvang die jongste skoolnuus deur die D6 Kommunikeerder af te laai: KLIK HIER
Maak asseblief seker dat ons te alle tye oor u korrekte kontakbesonderhede beskik.
‘n Ligte middagete, sowel as ‘n peuselhappie word elke dag voorsien. Leerders nuttig hul middagete by ‘n tafel en daar word daagliks klem gelê op hoflikheid en goeie maniere.
Indien u vir u kind ekstra peuselhappies wil inpak, vermy asseblief die volgende:
Ons beveel die volgende aan:
Die Nasorgpersoneel sal verseker dat leerders hul buitemuurse aktiwiteite bywoon, maar kan nie die leerders vergesel nie. Ouers moet die Nasorgpersoneel inlig oor leerders se buitemuurse aktiwiteite en die tye daarvan.
Alhoewel huiswerk middae by Nasorg gedoen word, bly dit die verantwoordelikheid van die ouer. Elke leerder moet sy/haar eie skryfbehoeftes hê. Slegs leerders met geldige verskoningsbriewe van hul ouers sal van huiswerkklas verskoon word. Leerders se volle samwerking word tydens huiswerkklas verwag.
‘n Vrywaringsvorm moet vir elke uitstappie voltooi word. Die tydige terugstuur van vrywaringsvorms word altyd waardeer.
Wanneer ‘n leerder klasse ontwrig en daar dissiplinêre probleme ondervind word, sal die volgende stappe geneem word:
Dit is baie belangrik dat daar ‘n goeie verhouding bestaan tussen ‘n leerder se huis en Nasorg.
Hiermee gee ons kennis van skoolfonds 2020.
Die skoolfonds vir die jaar beloop R22 600. U kry die geleentheid om hierdie bedrag as volg te betaal.
Eenmalige Betaling – voor/op 1 Februarie 2020 | R22 600.00 minus korting (– R1 100) = R21 500.00 |
10 Maandelikse betalings (vanaf 31 Januarie 2020 – 31 Oktober 2020) | R2 260.00 voor/op die einde van elke maand R2 260.00 x 10 = R22 600.00 |
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA Durbanville
Rekeningnommer: 14-10-94-00-74.
Verwysing: Van en Naam van leerder moet voorsien word.
Die skool reël nie aftrekorders nie.
Eerstens baie dankie aan alle ouers wat die Begrotingsvergadering bygewoon het en vir julle ondersteuning om die Begroting vir 2020 goed te keur. Soos bespreek tydens die Begrotingsvergadering, bestaan die verhoging in skoolfooie vir 2020 uit twee gedeeltes naamlik ‘n normale verhoging in die operasionele kostes van die skool en ‘n voorsiening vir kapitaalbesteding. Daar is tydens die vergadering versoek om aan ouers meer inligting te gee rakende die Kapitaalbesteding wat deur die Beheerliggaam onderneem word.
Dit is dalk goed om net weer te bevestig dat daar drie fisiese persele is wat deur verskillende entiteite besit word en deur verskillende liggame bestuur word :
Daar is noue samewerking tussen die Beheerliggaam en Raad van Trustees om die behoeftes van die Leerders en Opvoeders te bepaal en befondsing vir Kapitaalprojekte te bekom en aan te
wend. Voorbeelde van Kapitaalprojekte by die verskillende kampusse die laaste paar jaar met geriewe wat 60 jaar oud is en Ieerdergetalle wat beduidend gegroei het:
Voorbereidingskool Preprimêr
Voorbereidingskool
Voorbereidingskool Trust (lnsluitende Nasorg)
Toekomstige kapitaal projekte :
1. Veeldoelige sportvelde
Die oorsprong van die projek het ontstaan by die Sport Afdeling se behoefte aan ‘n Astrobaan vir die hokkiespelers aangesien dit die oppervlak is waarop die leerders in die toekoms gaan speel. Die projek word deur die Trust onderneem met insette vanaf die Skool. Na deeglike konsultasie het die Trust besluit om ‘n Meesterplan te laat opstel.
Die sportveld moet optimaal benut word aangesien daar nie verdere grond beskikbaar is nie. Daar word nou ondersoek gedoen wat die koste sal wees om die suidelike hoek wat onbenut is
gelyk te maak en die veeldoelige sportveld daar te bou sodat die volle grasoppervlak benut kan word.
2. Vervanging van dakbedekking en versterking van dakkappe
Durbanville Voorbereidingskool is reeds 53 jaar oud. Die laaste paar jaar het die skool gereeld lekkasies van die dakke ervaar weens die leiteeldakbedekking wat verweer het en die einde van
hul leeftyd bereik het. Aangesien die eiendom aan die WKOD behoort is dit hul verantwoordelikheid om die dakbedekking te herstel / vervang. Die probleem en behoefte aan vervanging is deur die korrekte prosedure by die WKOD aangemeld. Na deeglike konsultasie met ‘n strukturele ingenieur het die Beheerliggaam egter besluit om die dakkappe en dakbedekking
van die Graad 2 vleuel te vervang om die veiligheid van ons leerders te verseker.
Die werke is teen ‘n koste van R 877,000 deur die Skool laat doen – daar is reeds met die WKOD vergader in ‘n poging om die R 877,000 terug te betaal aan die Skool. Tydens die opvolgondersoek in die Derde Kwartaal het dit ook aan die lig gekom dat die Graad 1 klasse se dakkappe versterking benodig. Die herstelwerk is teen ‘n koste van R 201,000 gedoen. Die Beheerliggaam sal tot op die hoogste vlakke binne die WKOD die saak opneem om die totale uitgawe van R 1.078 miljoen te verhaal.
Die realiteit is dat die R1,078 miljoen uit die skool se reserwefondse moes kom. lndien daar verdere werk gedoen moet word, moet die skool hiervoor begroot. Dit is dus een van die grootste
redes waarom ‘n kapitaalprojek heffing by die skoolfonds geplaas word.
Die Meesterbeplanning vir Kapitaalprojekte vir die volgende 10 jaar (en waarvoor befondsing verseker moet word) is tydens die Begrotingsvergadering aan u voorgehou en die prioriteite is:
Durbanville Voorbereidingskool :
Durbanville Voorbereidinqskool Trust:
Uit bogenoemde sal u sien dat daar heelwat Kapitaalprojekte aangepak moet word, sekeres uit ‘n onderhouds / veiligheidsoogpunt en sekeres om die infrastruktuur van die Skool en Trust tot
voordeel van die Leerders en Opvoeders voortdurend te verbeter. Hierdie projekte benodig befondsing en kundigheid om te beplan en te bestuur.
Met voorafgenoemde in ag geneem, het die Beheerliggaam voorgestel om die skoolfonds te verhoog van R16,150.00 na R18,580.00 vir 2020. Die verhoging bestaan uit twee gedeeltes
naamlik ‘n verhoging van 8.85% (R1,430.00) in die operasionele kostes van die skool en R1,000.00 vir die kapitaalprojekte.
Die gedeelte vir die kapitaalprojekte sal geallokeer word na ‘n kapitaalprojekreserwe en uitsluitlik vir daardie doel aangewend word. Geen gedeelte daarvan sal vir enige operasionele kostes
aangewend word nie.
Die verhoging in die skoolfonds vanaf R16,150.00 na R18,580.00 is derhalwe op 3 Oktober 2019 deur ‘n meerderheid ouers teenwoordig tydens die begrotingsvergadering aanvaar en
goedgekeur.
Ons wil graag vra indien daar ouers is met kundigheid in enige van hierdie velde of toegang het tot verskaffers van hierdie produkte / dienste en bereid is om die Skool te help om die projekte meer
koste doeltreffend aan te pak en te bestuur dat u asseblief met die Skoolhoof dit sal bespreek. Die Beheerliggaamlede en Trustees moet hierdie projekte in hulle privaattyd beplan en bestuur en
daarom kan dit langer neem as iemand wat dit voltyds kan doen, maar die Lede gee hulle tyd kosteloos tot voordeel van die Skool en die huidige en toekomstige Leerders en Opvoeders.
Ons sien uit daarna om met huidige en toekomstige ouers saam te werk om hierdie projekte tot uitvoering te bring.
Die begroting van die skool vir 2020 is op 03 Oktober 2019 by ‘n vergadering aan die ouers voorgelê en deur ‘n meerderheid van die ouers daar verteenwoordig, aanvaar. Die skoolfonds vir 2020 styg vanaf R16,150 na R18,580 per leerder, per jaar. Die verhoging van R2,430 per jaar bestaan uit ‘n verhoging van R1 ,430 per jaar in die operasionele begroting en R1,000 per jaar in die kapitaalbegroting (hierdie verhoging van R1,000 per jaar, word in die aangehegde addendum verduidelik).
Ons skool is ‘n Artikel 21 skool, dit wil sê die Suid-Afrikaanse Skolewet bepaal dat skoolgeld betaalbaar is. Die Beheerliggaam mag dus die betaling daarvan deur ‘n regsproses afdwing (verwys Artikel 40 en 41 van die Skolewet). Openbare skoolfooie is ‘n statutêre verpligting in terme van die Suid-Afrikaanse Skolewet No. 84 van 1996 (soos gewysig), jaarliks vooruitbetaalbaar in die begin van elke skooljaar en die betaling daarvan is VERPLIGTEND, tensy die ouers kwytskelding of gedeeltelike kwytskelding daarvan toegestaan word.
BEIDE biologiese ouers is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die betaling van die skoolfooie, ongeag die ouers se huweliksstatus of egskeidingsooreenkoms. Enige egskeidingsbevel is inter partes bindend op die partye daartoe en het geen effek op die ouers se verpligting teenoor die skool nie. In ‘n poging om die finansiële las van die ouers te probeer verlig, is die skool bereid om gelyke afbetalings op ‘n maandelikse basis toe te laat, wat strek oor 10 maande (31 Januarie 2020 tot 31 Oktober 2020). Hierdie toegewing aan ouers verander op geen wyse die feit dat die betaling van die skoolfonds ‘n statutêre plig is en nie ‘n vrywillige ooreenkoms nie, veral nie ‘n kredietooreenkoms soos beskryf in die bepalings van die Nasionale Kredietwet nie.
1. Eenmalige betaling voor / op 1 Februarie 2020 | R17,630.00 [R18,580.00 – R950,00 korting] |
2. Gelyke maandelikse betalings oor 10 maande (31 Januarie 2020 – 31 Oktober 2020) | R1,858.00 per maand (R18,580.00 per jaar) |
LET WEL: lndien ‘n rekening 60 dae agterstallig is en oorhandig word aan die prokureurs, is die volle jaar se uitstaande skoolgelde onmiddellik opeisbaar en betaalbaar. Beide biologiese ouers sal gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou word vir betaling van die uitstaande balans van die jaar se skoolgelde, sowel as vir alle regskostes van die invorderingsproses, op ‘n prokureur en kliënt skaal, rente en invorderingskommissie.
METODES VAN BETALING (Let asb daarop dat die nasorg ‘n ander bankrekening gebruik)
1. INTERNET
Bank | ABSA |
Takkode | 632005 (Durbanville) |
Rekeningnommer | 1410940074 (tjekrekening) |
Verwysing | Familiekode (soos aangedui op staat – baie belangrik) en LEERLING SE VAN, byvoorbeeld: 0001 Adams |
2. KONTANT
Die wyse van betaling word slegs oorweeg, indien ‘n reëling met die skool getref word en word ontmoedig as gevolg van veiligheidsredes en/of addisionele bankkostes.
Ouers wat nie die skoolfonds kan bekostig nie, mag by die Beheerliggaam aansoek doen vir algehele, gedeeltelike of voorwaardelike finansiële hulp / vrystelling van skoolgeld (prosedure soos in Art. 39 van die Skolewet). Om te kwalifiseer vir enige finansiële hulp / vrystelling, word beide die biologiese ouers se gesamentlik jaarlikse bruto inkomste (punt 6.2 van die regulasie) as maatstaf gebruik. Finansiële hulp / vrystelling word gefinansier as ‘n uitgawe-item op die skool se jaarlikse begroting. Aansoeke om vrystelling moet dus met groot omsigtigheid deur ouers hanteer word.
Die gebruik van selfone en/of selfoonhorlosies (smart watches) sal nie tydens skoolure toegelaat word nie. Leerders moet hierdie items in hulle skooltasse bêre. Geen selfoonhorlosies of selfone mag tydens skooltyd, nasorg of sportoefeninge/wedstryde gebruik word nie. Dit word benadruk dat die skool op geen manier aanspreeklik gehou sal word indien ‘n leerder sy/haar selfoon en/of selfoonhorlosie verplaas of verloor nie. Die leerder bring dit dus op eie risiko! Sou ‘n leerder ‘n selfoon of selfoonhorlosie in skooltyd gebruik, terwyl dit verbied word, sal dit tydelik vanuit die leerder se besit geneem word en in ‘n plek van veilige bewaring gehou word tot aan die einde van die dag. Gedurende skoolure kan die sekretaresse gekontak word en die boodskap sal via die kantoor na die klas aan die betrokke leerder gestuur word.
Hierdie dokument is die godsdiensbeleid van Durbanville Voorbereidingskool soos die beheerliggaam dit op 9 Junie 2015 goedgekeur het. Die godsdiensbeleid erken die fundamentele waardes wat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die toepaslike bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, en ander tersaaklike provinsiale wetgewing vervat word.
Artikel 15(1) van die Grondwet bepaal dat elke persoon die reg het op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.
Artikel 15(2) bepaal voorts dat godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde instellings kan geskied, mits:
(a) sodanige beoefening die reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare owerheid neergelê is;
(b) dit op ‘n billike grondslag geskied; en
(c) bywoning daarvan vry en vrywillig is.
Durbanville Voorbereidingskool erken dat bogenoemde regte nie absoluut is nie en deur artikel 36 van die Grondwet beperk kan word.
Artikel 7 van die Suid-Afrikaanse Skolewet verleen aan die beheerliggaam die mag om die reëls ingevolge waarvan godsdiensbeoefening moet geskied, te bepaal. Hierdie mag is onderhewig aan die Grondwet en enige toepaslike provinsiale wetgewing. Godsdiensbeoefening moet op ‘n gelyke grondslag geskied, en opvoeders en leerders se bywoning moet vrywillig wees.
Op grond van bogenoemde het die beheerliggaam van Durbanville Voorbereidingskool hierdie godsdiensbeleid met inagneming van die godsdienstige samestelling van die skool en ter uitvoering van die missie van die skool opgestel.
‘Godsdiens’ – verwys and die omvattende en fundamentele oriëntasies in die wêreld, met bepaalde verwysing na heilige, spirituele en niesekulêre oortuigings; vereis toewyding; sluit georganiseerde vorme van geloof en sekere wêreldbeskouinge in, en word ook kollektief gebruik om na daardie organisasies te verwys wat opgerig is ten einde hierdie oortuigings te beskerm en te bevorder.
‘Godsdiensteonderrig’ – verwys na ‘n kurrikulêre program met duidelike en ouderdomsverwante opvoedkundige doelwitte wat vir die onderrig en leer van godsdiens, godsdienste en godsdienstige diversiteit in Suid-Afrika en die wêreld deur die Departement van Onderwys voorgeskryf word. Die studie van godsdiens moet ten doel hê om herkenbare opvoedkundige doelwitte te bereik wat in ooreenstemming is met die doelwitte en uitkomste van ander leerareas, en programme in Godsdiensteonderrig moet, soos ander leerareas in die kurrikulum, tot die ontwikkeling van grondliggende waarnemings-, luister-, skryf- en denkvaardighede bydra.
‘Godsdiensonderrig’ – verwys na ‘n program met inligting oor ‘n bepaalde godsdiens wat ten doel het om navolging van daardie bepaalde godsdiens te bevorder. Die beheerliggaam beskou die huisgesin en geloofsgemeenskap as die hoofvoorsieners van godsdiensonderrig. Die skool is ‘n opvoedkundige instelling, en godsdiensonderrig maak dus nie deel uit van die formele skoolprogram nie. Die skool sal wél sy geriewe vir sodanige programme beskikbaar stel, met dien verstande dat godsdiensonderrig nie met die formele opvoedkundige doelwitte van die skool inmeng nie.
‘Godsdiensbeoefening’ – dui op daardie aktiwiteite of optrede wat aan die waardes van ‘n bepaalde geloof of oortuiging uiting gee, en sluit onder andere bidure, Skriflesing, kleredrag en diëte in. Ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet kan godsdiensbeoefening op die volgende maniere geskied:
Durbanville Voorbereidingskool se godsdiensbeleid
Ter uitvoering van die skool se visie en missie is Durbanville Voorbereidingskool se godsdiensbeleid op ‘n enkele godsdiens, naamlik Christelike geloof gegrond. Omdat Durbanville Voorbereidingskool die waardes in die Handves van Regte erken en eerbiedig, verseker die beheerliggaam dat die beoefening van ander godsdienste gerespekteer en in ag geneem sal word.
Godsdiensonderrig sal ooreenkomstig die Nasionale Beleid oor Godsdiens en Opvoeding geskied. Sodanige onderrig sal vanuit die skool se oogpunt geskied soos was sy missie en visie dit bepaal. Geen opvoeder sal verplig word om godsdiensonderrig te gee indien hy/sy ‘n gewetensbeswaar een die inhoud van die kurrikulum het nie. Sodanige beswaar moet skriftelik aan die skoolhoof oorgedra word. Die beheerliggaam kan oorweeg om ‘n persoon/persone aan te stel wat nié ‘n probleem sal hê om die bepaalde program aan te bied nie.
Opvoeders en leerders sal die bepaalde godsdiensbeoefening vrywillig kan bywoon. Die skool sal opvoeders of leerders geensins verplig om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem waarteen hulle ‘n gewetensbeswaar het nie. Opvoeders behoor hulself vergewis van die samestelling van ‘n klas in terme van geloofsagtergrond en moet dienooreenkomstige met respek teenoor alle leerders in hul klas optree.
Alternatiewe reëlings sal getref word vir toesig oor die leerders wat nié die godsdiensbeoefening wil bywoon nie. Leerders moet die skool van ‘n brief voorsien waarin hul ouers die gewetensbeswaar bevestig.
Indien enige opvoeder, leerder en/of hul ouers beleef dat bepaalde vorme van geloofsbeoefening in die skool gewetensdwang op hulle toepas, hulle etiketteer; of indien hulle meen dat die aktiwiteite uitgesproke of subtiel nie vrywillig van aard is nie, word hulle versoek om dit onder die aandag van die skoolhoof en/of Beheerliggaam te bring.
Durbanville Voorbereidingskool sal sover moontlik begrip en respek vir godsdienstige diversiteit bevorder en uitbou.