Hiermee gee ons kennis van skoolfonds 2020.
Die skoolfonds vir die jaar beloop R22 600. U kry die geleentheid om hierdie bedrag as volg te betaal.
Eenmalige Betaling – voor/op 1 Februarie 2020 | R22 600.00 minus korting (– R1 100) = R21 500.00 |
10 Maandelikse betalings (vanaf 31 Januarie 2020 – 31 Oktober 2020) | R2 260.00 voor/op die einde van elke maand R2 260.00 x 10 = R22 600.00 |
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA Durbanville
Rekeningnommer: 14-10-94-00-74.
Verwysing: Van en Naam van leerder moet voorsien word.
Die skool reël nie aftrekorders nie.
- Maandelikse betalings moet voor of op die einde van elke maand geskied. Die eenmalige verminderde betaling sal slegs van toepassing wees indien dit voor/op 1 Februarie 2020 gedoen word en geen korting sal hierna toegestaan word nie.
- Pre-primêre onderrig is nie verpligtend nie en u sal dus verantwoordelik gehou word vir die volle skoolfonds bedrag.
- LET WEL: Indien ‘n rekening 60 dae agterstallig is en oorhandig word aan die prokureurs, is die volle jaar se uitstaande skoolgelde onmiddellik opeisbaar en betaalbaar. Beide biologiese ouers sal gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou word vir betaling van die uitstaande balans van die jaar se skoolgelde, sowel as vir alle regskostes van die invorderingsproses, op ‘n prokureur en kliënt skaal, rente en invorderingskommissie.
- NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN BUITEMUURSE AKTIWITEITE: Alle privaat klasse (Playball en Musiek) se administrasie en finansies word deur die onderskeie persone/instansies self hanteer. GEEN verantwoordelikheid sal deur die Pre-primêre skool aanvaar word nie.
SKOOLFONDSBELEID 2020
- Skoolfonds is betaalbaar voor of op die laaste werskdag van ‘n maand. Geen uitsonderings sal gemaak word nie.
- Die voorwaardes is soos volg:
- Ten volle betaalbaar op 1 Februarie
- OF die Beheerliggaam gee die ouer die kans om betalings oor ‘n tydperk van 10 MAANDE te maak vanaf 31 Januarie 2020 tot en met 31 Oktober 2020.
- Indien die skoolgeld op of voor 1 FEBRUARIE ten volle betaal word, sal ‘n korting van R1 100.00 toegestaan word.
- Maandelikse betalings is op die die laaste werksdag van elke maand betaalbaar.
- Kragtens familiereg is ouers GESAMENTLIK en AFSONDERLIK aanspreeklik vir die betaling van skoolgeld, ongeag hulle huwelikstatus.
- In die geval van wanbetaling van skoolgeld, hetsy een maand of meer, behou die skool hom die reg om die VOLLE JAAR se skoolfonds van die ouer te eis. Indien hy/sy dit dan nie betaal nie, mag die skool die betaling afdwing deur die volle bedrag, met koste, aan hul prokureurs / invorderaars te oorhandig.
- In dié geval sal die skool beide ouers dagvaar, ongeag onderhoud en hofbevele wat tussen die party mag bestaan.
- Kragtens Artikel 39 van die S.A. Skolewet, is die partye wat deel het aan hierdie vorm, aanspreeklik vir die betaling van verpligte skoolgeld.
- Kragtens Artikel 40 en 41 van die S.A. Skolewet mag die skool die betaling van hierdie verpligte skoolgeld afdwing.
- Die skool het die reg om enige inligting oor die ouers ingevolge hulle verpligtinge vir die betaling van skoolgeld te hou en te verwerk, hetsy op rekenaars of andersins.
- Die skool mag ‘n kredietnavraag en/of kredietinligtingsnasporing oor die ouers doen deur middel van ‘n kredietinligtingsburo, persone wat as hulle agente optree en/of kredietverleners.
- Die skool mag besonderhede oordra oor hoe ouers hulle verpligtinge ten opsigte van die betaling van skoolgeld nagekom het en sodanige inligting deel met ander kredietverleners vir die doel van besluitneming rakende kredietrisikobestuur.
- Indien ouers versuim om hulle skoolgeldverpligtinge na te kom, mag die skool die wanbetaling van die ouers by ‘n kredietburo aanmeld. Enige inligting wat aan ‘n kredietburo deurgegee word, sal aan ander kredietverleners beskikbaar gestel word en gebruik word vir die doel van besluitneming rakende kredietrisikobestuur.