Ons Durbies se tweede tuiste.
Die Nasorg vir Graad 1 tot 3 word gehuisves in die klasse van die skool.
Die Nasorg vir Graad R word by hulle onderskeie kampusse en speelterreine gehuisves.
Nasorg is slegs tydens skoolkwartale oop en nie tydens vakansies nie.
Nasorg-kantoor (Administratiewe navrae – Mev Wilma Kotzé): 021 975 1125
Nasorg is tans slegs beskikbaar tydens skoolkwartale.
Daar is 2 opsies beskikbaar:
GRAAD | UITKOMTYD | HALFDAG | VOLDAG |
---|---|---|---|
R | 12H45 | 15H00 | 18H00 |
1 | 13H15 | 15H00 | 18H00 |
2 | 13H30 | 15H00 | 18H00 |
3 | 13H45 | 15H00 | 18H00 |
* Leerders word deur Toesighouers by hul klasse gehaal vir Nasorg.
PLEK: | |
---|---|
Graad R leerders (Afrikaans) | Graad R Speelterrein (Pre-Primêr) |
Graad R leerders (Engels) | Graad R Engelse kampus (Tienie Louw Sentrum) |
Graad 1 leerders | Graad 1 Klasse by die skool |
Graad 2 leerders | Graad 1 Klasse by die skool |
Graad 3 leerders | Graad 2 Klasse by die skool |
Enige navrae kan per e-pos gerig word
aan Wilma Kotze by fin@dvprep.co.za
Tel: 021-975-1125
Die Nasorg se aansoeke en inskrywings word apart van die Skool s’n gedoen, aangesien ons ‘n aparte entiteit is.
LET WEL: Aanvaarding by die Skool beteken NIE outomatiese lidmaatskap by Nasorg nie.
Inskrywings open: 1 Junie 2022
Inskrywings sluit: 29 Junie 2022
Stuur asb. die volgende per e-pos (as 1 dokument in PDF) slegs na die volgende adres: fin@dvprep.co.za
Ouers sal teen 31 Julie in kennis gestel word indien ‘n leerder by die Nasorg aanvaar is.
Die kostes/fooie vir die nuwe jaar sal eers later in die jaar bekend gemaak word (die huidige kostes is op D6 beskikbaar). Ouers wat in kennis gestel is dat hul aanvaar is by Nasorg, sal ‘n Finansiële Brief ontvang wat onderteken moet word met die nuwe kostestruktuur ingesluit. ‘n Dagprogram sal ook beskikbaar gestel word.
Die huidige jaar se kostestruktuur is beskikbaar op D6. (Die nuwe jaar se kostestruktuur word eers later in dié jaar bekend gestel.)
Die Nasorg is ‘n aparte entiteit (Trust) met sy eie bankrekening. Betalings word gedoen na die volgende rekening (NIE die Skool se rekening nie):
Durbanville Voorbereidingskool TRUST
ABSA Durbanville
Takkode: 632 005
Rekeningnr.: 405 067 7455
Verwysing: Rekeningkode + Van
Navrae: fin@dvprep.co.za of 021-975-1125 (Wilma Kotze)