Durbanville Voorbereidingskool
Vanuit ’n nederige ontstaan het ons ontwikkel tot ’n trotse en dinamiese skool. Ons kyk met groot dankbaarheid terug, maar ons fokus bly streng op die uitdagings wat die toekoms bied. Ons leerders is ons grootste bate en ons wy ons daaraan toe om aan hulle ’n opvoeding te bied waarop hulle trots sal wees.
Trap vir trap help Durbanville Voorbereidingskool ons leerders bou aan ‘n stewige toekoms. Durbies bo!