Die gebruik van selfone en/of selfoonhorlosies (smart watches) sal nie tydens skoolure toegelaat word nie. Leerders moet hierdie items in hulle skooltasse bêre. Geen selfoonhorlosies of selfone mag tydens skooltyd, nasorg of sportoefeninge/wedstryde gebruik word nie. Dit word benadruk dat die skool op geen manier aanspreeklik gehou sal word indien ‘n leerder sy/haar selfoon en/of selfoonhorlosie verplaas of verloor nie. Die leerder bring dit dus op eie risiko! Sou ‘n leerder ‘n selfoon of selfoonhorlosie in skooltyd gebruik, terwyl dit verbied word, sal dit tydelik vanuit die leerder se besit geneem word en in ‘n plek van veilige bewaring gehou word tot aan die einde van die dag. Gedurende skoolure kan die sekretaresse gekontak word en die boodskap sal via die kantoor na die klas aan die betrokke leerder gestuur word.
Beleide
Godsdiensbeleid
Hierdie dokument is die godsdiensbeleid van Durbanville Voorbereidingskool soos die beheerliggaam dit op 9 Junie 2015 goedgekeur het. Die godsdiensbeleid erken die fundamentele waardes wat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die toepaslike bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, en ander tersaaklike provinsiale wetgewing vervat word.
Artikel 15(1) van die Grondwet bepaal dat elke persoon die reg het op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.
Artikel 15(2) bepaal voorts dat godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde instellings kan geskied, mits:
(a) sodanige beoefening die reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare owerheid neergelê is;
(b) dit op ‘n billike grondslag geskied; en
(c) bywoning daarvan vry en vrywillig is.
Durbanville Voorbereidingskool erken dat bogenoemde regte nie absoluut is nie en deur artikel 36 van die Grondwet beperk kan word.
Artikel 7 van die Suid-Afrikaanse Skolewet verleen aan die beheerliggaam die mag om die reëls ingevolge waarvan godsdiensbeoefening moet geskied, te bepaal. Hierdie mag is onderhewig aan die Grondwet en enige toepaslike provinsiale wetgewing. Godsdiensbeoefening moet op ‘n gelyke grondslag geskied, en opvoeders en leerders se bywoning moet vrywillig wees.
Op grond van bogenoemde het die beheerliggaam van Durbanville Voorbereidingskool hierdie godsdiensbeleid met inagneming van die godsdienstige samestelling van die skool en ter uitvoering van die missie van die skool opgestel.
WOORDOMSKRYWINGS
‘Godsdiens’ – verwys and die omvattende en fundamentele oriëntasies in die wêreld, met bepaalde verwysing na heilige, spirituele en niesekulêre oortuigings; vereis toewyding; sluit georganiseerde vorme van geloof en sekere wêreldbeskouinge in, en word ook kollektief gebruik om na daardie organisasies te verwys wat opgerig is ten einde hierdie oortuigings te beskerm en te bevorder.
‘Godsdiensteonderrig’ – verwys na ‘n kurrikulêre program met duidelike en ouderdomsverwante opvoedkundige doelwitte wat vir die onderrig en leer van godsdiens, godsdienste en godsdienstige diversiteit in Suid-Afrika en die wêreld deur die Departement van Onderwys voorgeskryf word. Die studie van godsdiens moet ten doel hê om herkenbare opvoedkundige doelwitte te bereik wat in ooreenstemming is met die doelwitte en uitkomste van ander leerareas, en programme in Godsdiensteonderrig moet, soos ander leerareas in die kurrikulum, tot die ontwikkeling van grondliggende waarnemings-, luister-, skryf- en denkvaardighede bydra.
‘Godsdiensonderrig’ – verwys na ‘n program met inligting oor ‘n bepaalde godsdiens wat ten doel het om navolging van daardie bepaalde godsdiens te bevorder. Die beheerliggaam beskou die huisgesin en geloofsgemeenskap as die hoofvoorsieners van godsdiensonderrig. Die skool is ‘n opvoedkundige instelling, en godsdiensonderrig maak dus nie deel uit van die formele skoolprogram nie. Die skool sal wél sy geriewe vir sodanige programme beskikbaar stel, met dien verstande dat godsdiensonderrig nie met die formele opvoedkundige doelwitte van die skool inmeng nie.
‘Godsdiensbeoefening’ – dui op daardie aktiwiteite of optrede wat aan die waardes van ‘n bepaalde geloof of oortuiging uiting gee, en sluit onder andere bidure, Skriflesing, kleredrag en diëte in. Ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet kan godsdiensbeoefening op die volgende maniere geskied:
- Vrywillige, openbare geleenthede waar die skool se geriewe vir die doel van godsdiensbeoefening gebruik word.
- Vrywillige geleenthede (in skooltyd) deur die skoolgemeenskap (leerders en opvoeders)
- Vrywillige geleenthede in gewone of ander pouses by die skool
SKOOL SE MISSIE
Durbanville Voorbereidingskool se godsdiensbeleid
Ter uitvoering van die skool se visie en missie is Durbanville Voorbereidingskool se godsdiensbeleid op ‘n enkele godsdiens, naamlik Christelike geloof gegrond. Omdat Durbanville Voorbereidingskool die waardes in die Handves van Regte erken en eerbiedig, verseker die beheerliggaam dat die beoefening van ander godsdienste gerespekteer en in ag geneem sal word.
Godsdiensonderrig sal ooreenkomstig die Nasionale Beleid oor Godsdiens en Opvoeding geskied. Sodanige onderrig sal vanuit die skool se oogpunt geskied soos was sy missie en visie dit bepaal. Geen opvoeder sal verplig word om godsdiensonderrig te gee indien hy/sy ‘n gewetensbeswaar een die inhoud van die kurrikulum het nie. Sodanige beswaar moet skriftelik aan die skoolhoof oorgedra word. Die beheerliggaam kan oorweeg om ‘n persoon/persone aan te stel wat nié ‘n probleem sal hê om die bepaalde program aan te bied nie.
Opvoeders en leerders sal die bepaalde godsdiensbeoefening vrywillig kan bywoon. Die skool sal opvoeders of leerders geensins verplig om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem waarteen hulle ‘n gewetensbeswaar het nie. Opvoeders behoor hulself vergewis van die samestelling van ‘n klas in terme van geloofsagtergrond en moet dienooreenkomstige met respek teenoor alle leerders in hul klas optree.
Alternatiewe reëlings sal getref word vir toesig oor die leerders wat nié die godsdiensbeoefening wil bywoon nie. Leerders moet die skool van ‘n brief voorsien waarin hul ouers die gewetensbeswaar bevestig.
Indien enige opvoeder, leerder en/of hul ouers beleef dat bepaalde vorme van geloofsbeoefening in die skool gewetensdwang op hulle toepas, hulle etiketteer; of indien hulle meen dat die aktiwiteite uitgesproke of subtiel nie vrywillig van aard is nie, word hulle versoek om dit onder die aandag van die skoolhoof en/of Beheerliggaam te bring.
Durbanville Voorbereidingskool sal sover moontlik begrip en respek vir godsdienstige diversiteit bevorder en uitbou.
Assessering
ASSESSERINGS – MODERERINGS / MONITERINGS- VAKBELEID VAN DURBANVILLE VOORBEREIDINGSKOOL
1. RASIONAAL
Alle assessering moet voldoen aan die vereistes van geldigheid, betroubaarheid en regverdigheid. Ten einde leer te optimaliseer en leerders te help om hul volle potensiaal te bereik, behoort assessering die volgende kenmerke te hê:
- Duidelik, deursigtig en gefokus
- ‘n Refleksiewe praktyk wat die proses ondersteun
- Gebaseer op voorafbepaalde vaardighede
- Volgens die tempo van die leerder
- Deelnemend (betrek leerder op aktiewe wyse)
- Gevarieerd t.o.v. metodes en kontekste
- Buigsaam om uitgebreide geleenthede te verseker
Ten einde diversiteit te akkommodeer, moet assessering op die volgende beginsels geskoei wees:
- Spreek diverse behoeftes van leerders in konteks aan
- Alle leerders kan leer met die noodsaaklike ondersteuning
- Skole skep omstandighede vir leerders om suksesvol te wees
- Leerkrag spreek stoornisse soos deur individuele leerders ondervind word
- Voorsiening van hulpbronne moet gebaseer wees op vlakke van ondersteuning wat benodig word om leerstoornisse aan te spreek
Riglyne aan assessors val binne die volgende raamwerk:
- Prosesse van assessering, onderrig en leer is geïntegreer
- Leerkragte verskaf op ‘n deurlopende basis terugvoering aan leerders
- Professionele oordeel van leerkrag vorm die basis van die assesseringsproses
- Leerkragte moet volgens vakke assesseer en rapporteer soos per kurrikulumbeleid
1.1 WAT IS DIE DOEL VAN ASSESSERING?
Dit is die identifisering, versameling en interpretasie van inligting omtrent ‘n leerder se prestasie ten einde die onderwyser, ouers en ander rolspelers te begelei. Dit behels vier stappe: die genereer en versamel van bewyse van prestasie, die evaluering van hierdie bewyse teen uitkomste, die te-boek-stel van die bevindinge van hierdie evaluering en die gebruik van hierdie inligting om te help in ‘n leerder se ontwikkeling en om die proses van onderrig en leer te verbeter.
Assessering sal dus help om:
- Leerderprestasie in die mees effektiewe manier te bepaal
- Verslag gedurende die leerproses aan ouers en ander rolspelers te doen oor die behaalde prestasievlak.
- Inligting te rekordeer sodat dit die leerder se prestasie reflekteer, asook die sukses van die leerprogramme beoordeel.
- Die leerder se toegang tot kennis, vaardighede, gesindhede en waardes soos omskryf in die nasionale kurrikulumbeleid, te bevorder.
1.2 ASSESSERINGSBEGINSELS
Effektiewe assessering word deur die volgende beginsels ondersteun:
- Die doel van die assessering moet altyd duidelik wees.
- Die kriterium-verwysingsbenadering sal gebruik word.
- Assessering moet outentiek, voortdurend, multi-dimensioneel, afgewissel en gebalanseerd wees.
- Assessering is ‘n voortdurende en integrale deel van die leerproses.
- Dit moet akkuraat, objektief, geldig, regverdig, hanteerbaar en tyd-effektief wees.
- Assessering neem baie vorme aan, versamel inligting van verskeie kontekste, en gebruik ‘n verskeidenheid metodes, afhangende van wat geassesseer word en die behoefte van die leerder.
- Die metodes en tegnieke wat gebruik word, moet geskik wees vir die kennis, vaardighede of gesindhede wat geassesseer word en die behoefte van die leerder.
- Dit moet onpartydig en sensitief wees wat betref geslag, ras, kulturele agtergrond en vermoëns.
- Die resultate van die assessering moet duidelik, akkuraat, betyds en sinvol gekommunikeer word.
1.3 TIPES ASSESSERING
- Informele Daaglikse Assessering:
Dit is die monitering en ondersteuning van ‘n leerder se vordering. Dit word gedoen deur waarneming en onderwyser-leerder interaksie. Informele assessering dien as die onderbou vir formele assessering. Daar moet voortdurende terugvoering aan leerder wees rakende sy/haar vordering. - Formele Assessering:
Dit is die assessering van die leerproses en verskaf aan die onderwyser ‘n sistematiese manier waarop leerders se vordering in ‘n spesifieke vak geëvalueer kan word. Die assesseringskriteria (watter kennis en vaardighede) moet duidelik aan leerders gekommunikeer word voordat die proses begin. Terugvoering aan leerders is noodsaaklik en kan in die vorm van ‘n klasbespreking wees om individuele terugvoering aan leerders.
Die vorm van assessering moet geskik wees vir die ouderdom en ontwikkelingsfase van die leerders. Die assesseringstake moet sorgvuldig saamgestel word ten einde die inhoud van die vak te dek, asook ‘n verskeidenheid van vaardighede te assesseer.
Progressie en promosie word gebaseer op die gerekordeerde bewyse van formele assesseringstake. Alle formele assesseringstake met gerekordeer word. Onderwysers mag daaglikse informele assesseringstake opteken, maar slegs om die onderrig- en leerproses te ondersteun.
Assesseringsplan:
Onderwysers moet ‘n jaarlikse formele assesseringsplan per vak (per kwartaal en jaar) aan die kurrikulumleier voorlê aan die begin van die jaar. Dit sal ter insae aan die ouers gestuur word en dit sal gebruik word om ‘n skool assesseringsplan vir elke graad saam te stel vir elke jaar.
Jaarplan:
Die jaarplanne ingedeel volgens kwartale sal per vak aandui in watter week watter werk afgehandel gaan word.
- Grondlynassessering van vroeëre leer
Grondlynassessering word gewoonlik aan die begin van ‘n fase gebruik om vas te stel wat leerders reeds weet. Dit stel onderwysers in staat om leerprogramme en leeraktiwiteite te beplan. - Diagnostiese assessering
Diagnostiese assessering word gebruik om vas te stel wat die aard en oorsaak van spesifieke leerders se leerstruikelblokke is. Dit word opgevolg deur gepaste strategieë vir ondersteuning of tussentrede. - Sistemiese assessering
Sistemiese assessering is ‘n manier om die gepastheid van die onderwysstelsel te evalueer. Sistemiese assessering word aan die einde van elke fase van die Algemene-Onderwys-en-Opleidingsband uitgevoer in Huistaal en Wiskunde. ‘n Verteenwoordigende steekproef skole en leerders word provinsiaal of nasionaal vir sistemiese assessering gekies. - Jaarlikse Nasionale Assesseringstoetse
Hierdie toetse is vanaf 2008 verpligtend vir alle leerders in die grondslag- en intermediêre fase. Dit word gebruik om die stan-daard van ‘n skool se geletterdheid-en gesyferdheid te bepaal. Die uitslae hiervan word intern gebruik vir moontlike aanpassings en opvolgaksies. - Formatiewe assessering
Formatiewe assessering monitor en ondersteun die leer- en onderrigproses en word gebruik om onderwysers en leerders oor ‘n leerder se vordering in te lig ten einde leer te verbeter. Opbouende terugvoering word gegee om leerders in staat te stel om te groei. - Summatiewe assessering
Summatiewe assessering gee ‘n geheelbeeld van ‘n leerder se vordering op ‘n gegewe tydstip, soos aan die einde van ‘n kwartaal of jaar of wanneer ‘n leerder na ‘n ander skool gaan.
1.4 DIE SAMESTELLING VAN FORMELE ASSESSERINGSTAKE
Skoolgebaseerde assessering, praktiese assessering en jaareind -eksamens is ontwerp om die inhoud, vaardighede en waardes en houdings van ‘n spesifieke vak aan te spreek.
1.4.1 SKOOL-GEBASEERDE ASSESSERING
- Skool-gebaseerde assessering is ‘n verpligte komponent vir progressie en promosie
- Dit dra die volgende gewig in die finale assesseringspunt:
FASE | SKOOL-GEBASEERDE ASSESSERINGS-KOMPONENT (%) | JAAREIND-EKSAMEN (%) |
---|---|---|
Grondslag | 100 | 0 |
- Die samestelling van die skool-gebaseerde take word uiteengesit in Hoofstuk 3 van die “National Protocol for Assessement Grades R-12)”. Sien aangeheg.
- Moderasie behoort te verseker dat die kwaliteit en standaard van die take voldoen aan die gestelde vereistes
1.4.2 PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
Die samestelling van die praktiese assesseringstake word uiteengesit in Hoofstuk 3 van die “National Protocol for Assessement Grades R-12)”. Sien aangeheg.
1.4.3 SAMESTELLING VAN SKOOL-GEBASEERDE ASSESSERING EN ASSESSERINGSPUNTE
- Alle take moet beskikbaar wees vir monitering en moderering
- Die assesseringstake moet ‘n verskeidenheid van vorms hê
- Alle take moet deur die onderwyser beoordeel/geëvalueer word voordat dit kan dien as bewyse van leerderprestasie
- Die assesserings-lêer moet ‘n volledige rekord wees van alle assesseringstake vir die betrokke vak
- Indien ‘n leerder ‘n geldige rede aanbied (kurrikulumleier en skoolhoof besluit), mag hy/sy ‘n ander geleentheid kry om formele assesseringstake af te handel.
- Geldige redes:
- siekte – vergesel van doktersertifikaat van ‘n geregistreerde praktisyn
- humanitêre redes – dood van familielid vergesel van doodsertifikaat
- leerder moes in die hof verskyn – skriftelike bewyse daarvan
- enige ander rede wat deur Kurrikulumleier as geldig gesien word
- Indien ‘n leerder weens geldige redes nie kon voldoen aan die basiese vereistes van die die skoolgebaseerde assesserings nie, moet hierdie bewyse ook skriftelike bygevoeg word.
1.5 BESTUUR VAN ASSESSERING
Assessering in die skool word bestuur deur ‘n assesserings-/kurrikulumspan bestaande uit: Skoolhoof, adjunkhoof, departementshoofde en graadhoofde. (SBS)
Die kurrikulumleier (assesseringskoördineerder) bestuur die portefeulje en sien toe dat WKOD-beleid uitgevoer word. Die Kurrikulumleier stel Kurrikulumkennisgewings saam wat enige nuwe aspekte rakende assessering aan die personeel verduidelik. Enige nuwe omsendskrywes/-minute word geïnterpreteer en aan onderwysers, ouers en leerders deurgegee.
1.5.1 Rol van die skoolhoof
Die kurrikulumleier bespreek alle optredes eers met skoolhoof en Bestuurspan. Weeklikse vergaderings word gehou waartydens probleemareas bespreek word. Die skoolhoof oefen kontrole en beheer uit, maar gee aan die kurrikulumleier die geleentheid om die portefeulje te bestuur.
1.5.2 Rol van onderwysers
Elke onderwyser bestuur die assessering in sy/haar klas volgens die voorskrifte van die WKOD en skoolbeleid. Dit is elkeen se verantwoordelikheid om toe te sien dat daar aan elke leerder se behoeftes aandag gegee word en dat leerders gemonitor word. Indien intervensies aangelê moet word,is dit die onderwyser se verantwoordelikheid om dit deur te voer en te bestuur.
1.5.3 Rol van Leerders
Daar word van leerders verwag om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle keuses/optredes en eie toekoms. Leerders moet deurlopend hard werk en besef dat hulself die grootste aandeel het in die suksesse wat behaal word. Formele/Informele assesseringstake moet getrou bygehou word as bewyse van leerderprestasie.
1.5.4 Rol van ouers/voogde
Die skool is ‘n verlengstuk van die huis en van ouers/voogde word verwag om mede-verantwoordelikheid vir die leerder se akademiese vordering te aanvaar. Ouers/voogde behoort betrokke te wees by leerders se vordering en aangesien assessering deursigtig is, ook die geleenthede te benut waartydens formele assesserings besigtig kan word.
1.6 REKORDHOUDING EN VERSLAGDOENING
1.6.1 Rekordering
Rekordering is die proses waartydens die onderwyser die leerder se vlak van prestasie dokumenteer. Rekords behoort bewyse te verskaf van ‘n leerder se konseptuele vordering in ‘n graad en sy/haar gereedheid om te vorder na ‘n volgende graad. Hierdie rekords behoort ook die vordering in die onderrig- en leerproses te monitor.
1.6.2 Verslagdoening: Rapporte
Verslagdoening is ‘n manier waarop leerderprestasie aan leerders, ouers, die skool en ander rolspelers gekommunikeer word. Dit sluit die rapporte in, asook onderwyser-oueraande, telefoonoproepe; korrespondensie en besigtiging van formele assesseringstake. Die hoofdoel van verslagdoening is gereelde terugvoering te verskaf wat verdere ontwikkeling sal ondersteun. Rapporte as amptelike dokumente verskaf inligting aan ouers/voogde, maar ook aan distrikskantore. Bestuurspanne moet toesien dat daar geen foute op die rapportvorm is nie.
Rapporte dui slegs die finale kode/persentasie aan wat in die spesifieke vak behaal is vir die eerste drie kwartale. Die uiteensetting van die optekeningstake kan op die assesseringsprogramme gesien word. Die vierde kwartaal rapport dui die kumulatiewe punte aan wat verwerf is deur die jaar.
Rapporte is ‘n amptelike dokument van die skool. Aan die einde van elke jaar word ‘n afskrif van die rapport in die leerder se profiel geplaas. Rapportering aan ouers geskied op ‘n gereelde grondslag (kwartaalliks) ten einde hul betrokkenheid en deelname aan te moedig. Skole mag onder geen omstandighede rapporte terughou nie.
Opsommende inligting rakende leerders word in die leerderprofiele aangetref.
1.6.3 Beginsels vir rekordering en verslagdoening
Elke formele assesseringstaak moet gerekordeer word en verslagdoening is ten opsigte van die totale punt wat behaal is in al die assesseringstake wat per kwartaal voltooi is. Promosie word gebaseer op die saamgestelde punt na aanleiding van al vier kwartale se prestasie.
- Onderwysers moet aantoon dat alle voorgeskrewe take afgehandel is.
- Prestasie sal op die rapport aangedui word d.m.v. ‘n kombinasie van nasionale kodes met omskrywings van prestasies en kommentaar. Die volgende inligting moet op die rapport wees:
- Persoonlike inligting van leerder: naam; graad; klasseksie; geboortedatum; aanwesigheidsprofiel
- Amptelike skoolinligting: jaar; kwartaal; naam van skool; datum; handtekening van ouer/onderwyser/skoolhoof; skoolwapen; sluiting en opening van skool; verduideliking van kodes
- Prestasie-aanduiders: nasionale kode
- Konstruktiewe terugvoering/kommentaar
- Verslagdoening word 4 keer per jaar gedoen. Rapport word aan die begin van die volgende kwartaal uitgehandig ten einde maksimale onderrigtyd te verseker. Slegs in die vierde kwartaal word die rapporte aan die einde van die kwartaal uitgehandig.
1.6.4 Progressieskedules
Die skedules word vier keer per jaar uitgereik. Dit is ‘n opsomming van die vordering van alle leerders in die skool. Die laaste skedule is ‘n samevoeging van die leerder se pretasie oor al vier kwartale. ‘n Kopie van die vierde kwartaal se progressieskedule word by die Distrikskantoor bewaar. Aan die einde van die jaar word ‘n gemiddelde kode per leerarea aan die leerder toegeken op grond van die leerderprestasie.
Die bevorderingskedule bevat die volgende inligting:
- Naam van skool en skoolstempel
- Alfabetiese lys van leerders in elke graad
- Kodes vir vordering in elke leerarea
- Kodes vir vordering in elke graad (vorder na volgende graad of bly in dieselfde graad)
- Datum en handtekening van skoolhoof/WKOD-amptenaar
1.6.4 Nasionale Koderingstelsels en Tydstoekenning
Die nasionale kodes tesame met beskrywings van prestasies word gebruik:
- Gr. R tot Gr. 3
KODE | PUNTE | PRESTASIE BESKRYWING |
7 | 80% tot 100% | Uitstekende Prestasie |
6 | 70% tot 79% | Verdienstelike Prestasie |
5 | 60% tot 69% | Beduidende Prestasie |
4 | 50% tot 59% | Voldoende prestasie |
3 | 40% tot 49% | Matige prestasie |
2 | 30% tot 39% | Basiese Prestasie |
1 | 0 tot 29% | Nie bereik nie |
- Tydstoekenning vir Grondslagfase
a) Die onderrigtyd vir vakke in die Grondslagfase is soos in onderstaande table aangedui:
VAK | GRAAD R (uur) | GRAAD 1-2 (uur) | GRAAD 3 (uur) |
---|---|---|---|
Huistaal | 10 | 7/8 | 7/8 |
Eerste Addisionele Taal | 2/3 | 3/4 | |
Wiskunde | 7 | 7 | 7 |
Lewensvaardighede | 6 | 6 | 7 |
Aanvangskennis | (1) | (1) | (2) |
Skeppende Kunste | (2) | (2) | (2) |
Liggaamsopvoeding | (2) | (2) | (2) |
Persoonlike en Sosiale Welsyn | (1) | (1) | (1) |
Totaal | 23 | 23 | 25 |
b) Onderrigtyd vir Graad R, 1 en 2 is 23 uur en Graad 3 is 25 uur.
c) Onderrigtyd vir Tale in Graad R-2 is 10 uur en vir Graad 3 is 11 uur.
d) ‘n Maksimum tyd van 8 uur en ‘n minimum tyd van 3 uur vir Graad 1-2 toegeken. In Graad 3 word ‘n maksimum van 8 uur en ‘n minimum van 7 uur vir Huistaal toegeken.
e) ‘n Minimum van 3 uur en ‘n maksimum van 4 uur word in Graad 3 vir Addisionele Taal toegelaat.
f) Die tydstoekenning vir pouses, saalbyeenkomste en ekstra-kurrikulêre aktiwiteite is uitgesluit van die onderrigtyd per week.
g) Binne die onderrigtyd moet leerders met spesiale onderwysbehoeftes of leerhindernisse gehelp word.
1.7 GRONDSLAGFASE, Graad R – 3 Goedgekeurde vakke
Tabel 1: Amptelike tale
VAKKE | VAKKODE | |||
Graad R | Graad 1 | Graad 2 | Graad 3 | |
---|---|---|---|---|
Afrikaans Huistaal | 13305482 | 13302842 | 13302852 | 13302862 |
Afrikaans Eerste Addisionele Taal | 13312872 | 13312882 | 13312892 | |
Engels Huistaal | 13305492 | 13302902 | 13302912 | 13302922 |
Engels Eerste Addisionele Taal | 13312932 | 13312942 | 13322952 |
Tabel 2: Wiskunde
VAKKE | VAKKODE | |||
Graad R | Graad 1 | Graad 2 | Graad 3 | |
---|---|---|---|---|
Wiskunde | 19331462 | 19331312 | 19331322 | 19331332 |
Tabel 3: Lewensvaardighede
VAKKE | VAKKODE | |||
Graad R | Graad 1 | Graad 2 | Graad 3 | |
---|---|---|---|---|
Lewensvaardighede | 16341302 | 16341152 | 16341162 | 16341172 |
1.7.1 PROGRAMVEREISTES VIR GRAAD R – 3
Graad R
‘n Leerder in Graad R in die Grondslagfase moet onderrig in die volgende drie vakke gelys in tabelle in 1 tot 3 ontvang:
a) Een amptelike taal geselekteer vanaf tabel 1 op Huistaal vlak
b) Wiskunde soos gelys in tabel 2.
c) Lewensvaardighede wat bestaan uit Aanvangskennis, Skeppende Kunste, Liggaamsopvoeding, Persoonlike-en Sosiale Welsyn gelys in tabel 3.
Graad 1-3
‘n Leerder in Graad 1-3 in die Grondslagfase moet onderrig in die volgende vier vakke gelys in tabelle in 1 tot 3 ontvang:
a) Een amptelike taal geselekteer vanaf tabel 1 op Huistaal vlak
b) Een amptelike taal geselekteer vanaf tabel 1 op Eerste Addisionele Taal vlak, op voorwaarde dat dit nie dieselfde amptelike taal as subparagraaf (a) is nie.
c) Wiskunde soos gelys in tabel 2.
d) Lewensvaardighede wat bestaan uit Aanvangskennis, Skeppende Kunste, Liggaamsopvoeding, Persoonlike-en Sosiale Welsyn gelys in tabel 3.
1.8 ONDERWYSER LêERS
Hierdie lêers moet te alle tye beskikbaar wees vir moderering.
Die volgende dokumentasie moet daarin vervat wees:
- Jaarbeplanning per kwartaal
- Lesplanne per siklus/kwartaal
- Formele Assesseringstake
- Rooster: Klas; Saal; Buitemuurs
- Daaglikse-beplanning
- Mikro-beplanning (weekliks)
- Jaarplan (per kwartaal)
- Assesseringsprogram
- Klaslyste
- Agendas / Notules van graadhoofvergaderings
- Intervensieplanne; Inligting rakende leerders: Leerhindernisse; Leerondersteuning
- Boekkontrole
Hierdie moderering word op ‘n standaardvorm gedoen en word deur die kurrikulumspan onderteken. Moderering geskied vier keer per jaar en word op die jaarprogram aangedui. Enige opvolgwerk word deur die kurrikulumspan gedoen. Die onderwysersportefeulje word vier keer per jaar deur die kurrikulumspan gemodereer. Hierdie vorm word deur die betrokke kollega voor in die onderwysersassesseringsboek geliasseer.
1.9 MODERERING EN MONITERING
Moderering is die proses van seker maak dat daar konsekwentheid is jaar na jaar, oor distrikte heen, provinsiaal en nasionaal. Monitering is ‘n proses van deurlopende evaluering van leerders se prestasie en kontrolering daarvan om te bepaal of die doelwitte van spesifieke onderrigaktiwiteite bereik is.
Die graadhoofde modereer en moniteer om gepastheid en standaard van aktiwiteite te verseker. Die departementshoofde modereer en moniteer om gehalte te kontroleer, om goeie praktyk te identifiseer en om te kontroleer dat beleide en riglyne gevolg word. Hulle kontroleer ook die standaard van take. Dit word drie keer ‘n jaar gedoen tydens boekkontrole asook tydens kruisassessering.
Die prinsipaal en adjunkprinsipaal moniteer die departementshoofde se werk gedurende die jaar. Daar word van die streeks- en provinsiale beamptes verwag om onderwysers en leerders se werk enige tyd van die jaar te moniteer. Die Kurrikulumspan en Leerondersteuningspan word gebruik om te help met moderering van akademiese werk.
Die volgende word gemodereer:
1.8.1. LEERDERPORTEFEULJES (Bewyse van Leerderprestasie)
JAARPLANNE
Moderering word deur die kurrikulumspan gedoen.
Die assesseringstrategie stipuleer ook voorts watter assesseringsinstrument gebruik gaan word. Dit kan een van die volgende instrumente wees:
- Memorandum
- Kontrolelys
- Assesseringskaal
- Rubriek
Skriftelike werk moet korrekte opskrifte hê en altyd onderteken word deur die assessor. Die opskrif moet aandui watter werk gedoen word en gedateer word.
FREKWENSIE
Leerderportefeuljes word vier keer per jaar deur die kurrikulumspan gemodereer. Dan word daar na die samestelling van die modules en inhoud van die werkboeke (formaat; opskrifte; nasorgwerk; netheid), assessering en differensiasie gekyk.
Daar is ‘n standaardvorm (boekkontrole) wat voltooi word deur die vakhoof, HOD, adjunkhoof en skoolhoof. Dit word dan met die betrokke kollega bespreek en in die assesseringsboek geliasseer. Indien opvolgwerk nodig blyk te wees, word dit deur die kurrikulumspan gedoen.
1.8.2. ONDERWYSERSPORTEFEULJES MET ASSESSERINGSAKTIWITEITE
Die assesseringsaktiwiteite soos aangedui op die jaarplan en assesserings-program word kwartaalliks deur die vakhoofde gekontroleer. Tydens die kontrole word daar gekyk na die aantal assesseringsaktiwiteite (formeel en informeel – formatief). Die graadhoofde kontroleer of daar gehou word by die korrekte aantal voorgeskrewe formele assesseringstake vir optekening. Daar word ook gekyk na die tipes assesseringsvorme.
Wanneer oefeninge uit handboeke gedoen word, moet die oefeninge en bladsye duidelik aangedui word. Die graadhoofde gebruik ‘n standaardvorm om die kommentaar rakende die moderering te doen. Hierdie standaardvorm word deur die kurrikulumspan onderteken en deur die betrokke kollega in die opvoeders-portefeulje bewaar. Indien daar enige opvolgwerk is, word dit deur die kurrikulumspan gedoen.
1.8.3 ONTLEDING VAN LEERDERPRESTASIE
Hierdie ontleding word elke kwartaal gedoen. Die moderering word deur die kurrikulumspan gedoen. Daar word gekyk na die slaagpersentasie van leerders, asook die verspreiding van kodes in die finale punt per vak. Hierdie informasie word vanaf CEMIS getrek en dit word deur die kurrikulumleier in die progressieskedule-leêr bewaar.
Daar word gekyk na uitvalle in elke graad. Hierdie informasie word in die progressieskedule-leêr bewaar.
1.8.4 KLASBESOEKE
Klasbesoeke vind kwartaalliks plaas en word op die jaarprogram aangedui. Onderwysers ontvang klasbesoek deur die skoolhoof en kurrikulumspan. Die kurrikulumspan mag ook onverwags klasbesoek doen. Daar word na die volgende aspekte gekyk:
- Klaskamerbestuur
- Onderrig
- Dissipline
- Klaskamerorganisasie
- Assessering (indien van toepassing)
Ook hier is daar ‘n standaardvorm (sien aangehegte dokument “Interne Moderering: Klasbesoeke” ) wat ingevul word deur die kurrikulumspan en indien nodig word dit bespreek met die betrokke kollega. Die vorm word deur die adjunkhoof geliasseer.
1.9 BESTUUR VAN ASSESSERINGSREKORDS
1.9.1 Assesseringsrekords
Die optekeningsklaslyste; progressieskedules; onderwyserlêers; leerderprofiele en rapporte moet bewaar word in die skool. Die veilige bewaring van hierdie dokumentasie is die verantwoordelikheid van die Skool Bestuurspan en elke onderwyser. Die optekeningslyste waarop kwartaallikse rekordering gedoen word, moet veilig bewaar word sodat die finale beslissings aan die einde van die jaar gedoen kan word.
Alhoewel die rekordering elektronies gedoen word, moet elke onderwyser ‘n harde kopie in die Beplanningslêers (Assesseringsboek) plaas. Die volgende inligting moet op rekorderingslyste aangebring word:
- Vaknaam
- Graad en Klasseksie
- Leerdernaam
- Datum van assessering
- Name van die formele assesseringstake
- Uitslag van formele assesserings
- Kommentaar insake ondersteuning waar gepas
1.10 BESTUUR VAN LEERDERPROFIELE
- ‘n Leerdersprofiel is ‘n deurlopende rekord van inligting wat ‘n omvattende indruk van ‘n leerder se vordering gee, insluitende die holistiese ontwikkeling van waardes, houdings en sosiale ontwikkeling.
- Dit help die onderwyser in die volgende graad of skool om die leerder beter te verstaan en daarom op gepaste wyse te reageer.
- Alle leerdersprofiele moet veilig bewaar word en moet leerders deur hul skoolloopbane vergesel.
- Die volgende tipes inligting moet in ‘n leerdersprofiel ingesluit word: persoonlike inligting; fisiese toestand en mediese geskiedenis; skole bygewoon en rekord van bywoning; deelname aan en prestasies in ekstra-kurrikulêre aktiwiteite; emosionele en sosiale gedrag; ouerbetrokkenheid; areas wat bykomende ondersteuning nodig het; summatiewe algehele rapport aan die einde van die jaar; en vorderings-opsommingsrekords van die skooljare.
- Leerdersprofiele vervang alle vorige deurlopende rekorddokumente wat deur skole gebruik is, soos rekordkaarte, tutorkaarte en EdLab-kaarte.
- Die sentrale doel van ‘n leerdersprofiel is om die leerder te help deur toegang tot die verskeidenheid inligting wat dit bevat, te verskaf.
- Persoonlike inligting in ‘n profiel moet nooit gebruik word om onregverdig teenoor ‘n leerder te diskrimineer nie.
- Die WKOD is verantwoordelik vir die uitreik van gedrukte profiele/lêers – hierdie profiele moet vanaf Gr. R bygehou word. Indien die lêers beskadig of verniel is, moet die skoolhoof nuwe profiele aanvra van Distrikskantoor.
- Sou ‘n ouer/voog na ‘n leerderprofiel wil kyk, sal hy/sy toegelaat word onder die toesig van die kurrikulumspan.
1.11 PROGRESSIE EN PROMOSIE
Vorderingsvereistes vir Graad R
‘n Leerder behoort die volgende minimum standaard behaal:
Huistaal | Kode 4 (50% – 59%) |
Wiskunde | Kode 3 (40% – 49%) |
Skoolgebasseerde assessering = 100% van totale punt / finale bevorderingspunt |
Sover moontlik, moet alle leerders bevorder word vanaf Graad R na Graad 1 inaggenome dat hulle in die korrekte ouderdomsgroep val. (age cohort)
Vorderingsvereistes vir Graad 1-3
‘n Leerder moet die volgende minimum standaard behaal:
Huistaal | Kode 4 (50% – 59%) |
Eerste Addisionele Taal | Kode 3 (40% – 49%) |
Wiskunde | Kode 3 (40% – 49%) |
Skoolgebasseerde assessering = 100% van totale punt / finale bevorderingspunt |
Indien ‘n leerder in Graad 1 tot 3 nie aan die minimum vereistes in al drie van die vereiste vakke in die Grondslagfase voldoen nie, sal so ‘n leerder slegs een keer in die grondslagfase gehou mag word, met die uitsondering van Graad R. Geen leerder mag langer as vier jaar in dieselfde fase bly nie. Daar word verwag dat leerders hoofsaaklik saam met hul ouderdomsgroep sal vorder (age cohort).
Waar dit gevoel word dat die leerder meer of minder tyd benodig om prestasie te demonstreer, sal besluite geneem word op grond van advies deur die betrokke rolspelers: opvoeders, leerders, ouers en onderwysondersteuningsdienste. Geen leerder behoort vir langer as vier jaar in ‘n fase te bly nie, tensy die provinsiale onderwyshoof goedkeuring daarvoor verleen het gebaseer op spesifieke omstandighede en professionele advies. Leerders wat reeds vier jaar in ‘n fase deurgebring het, moet ondersteun word ten einde te kan vorder na die volgende graad.
Progressie vind nie net aan die einde van die jaar plaas nie – dit is ‘n deurlo-pende proses waar relevante rolspelers besluite neem in die leerder se belang. Leerders met leerhindernisse word reeds in die eerste kwartaal geïdentifiseer. Intervensieplanne word opgetrek en vordering word deurlopend gemonitor. Daar word kwartaalliks vergader en elke kandidaat se vordering word bespreek en kandidate wat nie gereed is om te vorder nie, word gelys. Hierdie lys word ook met die Distrikskantoor bespreek.
Omstandighede waar herhaling van ‘n volle jaar aanvaarbaar sal wees:
- Afwesigheid wat tot gevolg het dat leerder nie die akademiese werk/vaardighede kan baasraak nie.
- Die besluit om ‘n leerder terug te hou, word gemaak na konsultasie met al die relevante partye. Herhaling op sigself is nie ‘n waarborg dat die leerder se vermoë of bevoegdheid sal toeneem nie.
1.12 INTERVENSIES EN ONDERSTEUNING
Die NKV verskaf die slaagvereistes wat bereik moet word in die verskillende grade. Sekere leerders mag dit moeilik vind om hierdie uitkomste te demonstreer omdat hulle opvoedkundige, sistemiese, sosiale, fisiese of sielkundige leerstoornisse ondervind. Wanneer sulke stoornisse geïdentifiseer word, moet die leerkrag en ander volwassenes ingryp en die leerder ondersteun. Leerondersteuningsopvoeder voltooi in samewerking met leerkrag intervensievorms en neem nodige stappe ter ondersteuning van leerder.
Intervensies word toegepas vanaf die eerste kwartaal en die SGOS-span bespreek dit met die klasonderwyser/es. Hierdie intervensies word gereeld gemonitor om te sien om die aksies wat geneem is, vrugte afwerp.
1.12.1 TWEE TIPES ALTERNATIEWE ASSESSERINGSMETODES
Alternatiewe assesseringsmetodes verwys na enige aanpassing in die standaardvorm van onderrig, assessering of omstandigheid en wat verband hou met assessering, wat in plek gestel word om die steurnisse aan te spreek wat deur sommige leerders gedurende die onderrigproses ondervind word. Die twee basiese tipes is:
A. Alternatiewe assessering gebaseer op Gemodifeerde Verkryging van Kennis (inhoud; konsepte en vaardighede) vir leerders met ‘n beduidende kognitiewe agterstand. Hierdie assesserings berus op die inhoud van die graad, maar hierdie leerders benodig meer tyd om die taak te voltooi.
B. Alternatiewe assessering gebaseer op Graadvlak Verkryging van Kennis (inhoud; konsepte en vaardighede) vir leerders met ‘n beduidende kognitiewe agterstand. Hierdie assesserings berus op die inhoud van die graad, maar sodanige leerders benodig ekstra hulp/apparatuur ten einde hulle instaat te stel om hul kennis/vaardighede te demonstreer.
Die volgende beginsels word toegepas:
- Die standaard van assessering moet nooit in gedrang kom nie en die leerder moet nie onregverdige voordeel oor sy makkers gegee word nie. Dieselfde akademiese vereistes en standaard behoort op alle leerders van toepassing te wees.
- Alternatiewe assesseringsmetodes word ontwerp om gelyke geleenthede aan alle leerders te gee deur stoornisse wat hulle mag ondervind aan te spreek en nie om enige addisionele voordeel aan hulle te gee nie.
- Dit is belangrik dat alternatiewe assesseringsmetodes so vroeg as moontlik in die leerder se skoolloopbaan in plek gestel word om alle leerders die geleentheid te gee om hul potensiaal te verwesenlik.
- Die hoofdoel van deurlopende assessering is om te verseker dat alle leerders met die kurrikulum omgaan en om terugvoering oor die onderrig- en leerproses te gee. Dit is belangrik dat deurlopende assesseringstake ontwikkel word en op so ‘n wyse aangepas word dat stoornisse op ‘n vroeë stadium aangespreek word.
Die volgende aanpassings vir alternatiewe assessering sal by Durbanville Voorbereidingskool toegelaat word:
- Die gebruik van ‘n fassiliteerder (sien volledige beleid aangeheg)
- Die gebruik van ‘n leser
- Die gebruik van ‘n skrywer
- Meer tyd
- Die gebruik van ‘n FM-stelsel
Enige leerder wat van bogenoemde alternatiewe assesseringsmetodes gebruik wil maak moet volledig deur ‘n sielkundige geassesser word en aanbevelings moet duidelik in die verslag weerspieël word. Die leerondersteuningspan asook die skoolsielkundige sal elke geval eers bespreek. ‘n Besluit sal deur die span geneem word en met die ouers bespreek word. Die Distrik-en Provinsiale komitee moet eers die aansoek prosesseer en goedkeur voordat die alternatiewe assesseringsmetode in die skool gebruik mag word. Daar sal ‘n ooreenkoms met ouers gesluit word. Die ouers sal verantwoordelik wees vir enige onkoste asook die aanstel van ‘n fassiliteerder, leser en of skrywer. Die skool behou die reg om die alternatiewe assesserings-program te termineer indien enige betrokke party nie die bogenoemde ooreenkoms nakom nie.
1.13 ONGERYMDHEDE
1.13.1 SAMESTELLING VAN DIE SAOK:
- Kringbestuurder
- Skoolhoof
- Voorsitter van SBL
- Adjunkhoof
- Kurrikulumleier
Gekoöpteer: Een Departementshoof van skool
1.13.2 AANSTELLING VAN SAOK:
1.1 Ampstermyn: 3 jaar
1.2 Aanstellings gemaak deur skoolhoof en Kringbestuurder – voorgelê aan WKOD Hoof
1.13.3. JURISDIKSIE
Jurisdiksie in enige beweerde interne assesseringsonreëlmatighede ten opsigte van die volgende:
- samestelling van interne assesseringspunte
- monitering en moderering van interne assessering
- toestande waaronder onderwysers interne assessering doen
- toestande waaronder leerders intern geassesseer word
- vaslegging en prosessering van data verkry van interne assessering
- opstel en moderering van vraestelle en assesseringstake
- enige ander onreëlmatigheid in verband met interne assessering
1.13.4 FUNKSIES VAN DIE SAOK
- ondersoek alle onreëlmatighede deur onderwysers in interne assessering
- ondersoek alle onreëlmatighede deur enige ander person betrokke by die interne assesseringsproses
- alle onreëlmatighede wat gepleeg is deur leerders tydens die interne assesseringsproses
- enige ander interne onreëlmatigheid ondersoek soos en wanneer versoek deur Kringbestuurder
1.13.5 INTERNE ASSESSERINGSONREЁLMATIGHEDE WAT DEUR DIE SAOK HANTEER MAG WORD
Onreëlmatighede waarby onderwysers betrokke is tydens interne assessering:
- Samestelling van punt vir interne assessering
- Monitoring of moderering van punt
- Vaslegging en prossessering van assesseringsgegewens
- Onderwyser bly in gebreke om te voldoen aan die vereistes vir die saamstel van finale assesseringspunt
- Onderwyser verander (verhoog/verlaag) punte sonder goedkeuring van skoolhoof
- Onderwyser verskaf doelbewus hulp aan leerder wat daardie leerder onregverdig bevoordeel
- Onderwyser werk saam met leerder wat werk aanbied wat nie sy of haar eie werk is nie
1.13.6 VERSLAGLEWERING
- Indien dit ‘n ondersoek noodsaak, moet dit opgevolg word met ‘n gedetailleerde verslag.
1.13.7 STRAFMAATREЁLS
Die SAOK sal by die PEOK aanbeveel watter strafmaatreëls ingestel moet word vir elke beweerde onreëlmatigheid wat ondersoek en bevestig is.
Moontlike strafmaatreëls:
- Verbale/ skriftelike waarskuwing
- Verhoor deur SBL
- Dissiplinêre verhoor (SBL)
1.14. APPÈLLE
Ouers mag appelleer teen uitslag van promosie en progressie. Ouers moet ingelig word oor prosedure en tyd waarbinne hul mag appelleer aan einde van jaar. Die voorgeskrewe stappe soos bepaal deur WKOD moet streng gevolg word.
Taalbeleid
1. Inleiding
Hierdie dokument is die taalbeleid van die Durbanville Voorbereidingskool wat op 9 Julie 2015 deur die skoolbeheerliggaam goedgekeur is. Die taalbeleid is opgestel in ooreenstemming met die bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (‘die Skolewet’); die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Wet 27 van 1996; toepaslike provinsiale wetgewing oor skoolonderwys; regspraak van Suid-Afrikaanse howe; die Internasionale Konvensie met betrekking tot die Regte van Kinders; die “African Charter on the Rights and Welfare of Children”; die Norme en Standaarde van Taalbeleid in Openbare Skole, 1997 (GK 1701 van 19 Desember 1997) en die aanwysings van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad.
2. Faktore in ag geneem
- Met die opstel van hierdie beleid, is die volgende faktore in ag geneem:
- Die belange van die leerders
- Die belange van die skoolgemeenskap
- Die belange van die gemeenskap waarin die skool geleë is
- Die vermoë van die skool
- Die hulpbronne en personeel waaroor die skool beskik
- Internasionale beste praktyk met betrekking to klasgroottes en taal in onderrig, met besondere verwysing na die belang van moedertaalonderrig.
3. Onderrig en eksaminering
Alle onderrig en aflê van toetse en assessering geskied in die taal/tale van onderrig van die skool
4. Beleid oor onderrigtaal
Die skool is ‘n dubbelmediuminstelling. Die tale van onderrig is Afrikaans en Engels van graad 1 tot graad 3. Die keuse in onderrigtaal moet aangedui word wanneer die leerder aansoek doen om toelating tot die skool.
5. Bevordering van veeltaligheid
Die skool bevorder veeltaligheid deur, benewens die onderrigtale, ook Xhosa (in Graad 3) as volwaardige taalvak by die skool aan te bied. Dit geskied soos volg:
Tale wat as volwaardige vakke aangebied word:
Dubbelmediumskool:
- Afrikaans en Engels as Huistaal
- Xhosa (Graad 3) as Eerste Bykomende Taal
Elke opvoeder by die skool doen redelike stappe om leerders oor die belang van veeltaligheid in te lig en om respek vir ander tale buiten die huistaal en/of onderrigtaal te bevorder.
Toelatingsbeleid
BELEID VAN DURBANVILLE VOORBEREIDINGSKOOL RAKENDE DIE TOELATING VAN LEERDERS TOT DIE SKOOL OF GRADE BY DIE SKOOL
Aangesien Durbanville Voorbereidingskool ‘n openbare skool is met regspersoonlikheid ingevolge die bepalings van artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996 (soos gewysig) (hierna “die Skolewet”) waarvan die beheer aan sy skoolbeheerliggaam (hierna “die SBL”), soos in artikel 16 van die Skolewet, toevertrou is;
Aangesien die SBL ingevolge artikel 5 van die Skolewet by magte is om onderhewig aan die bepalings van die Skolewet en enige toepaslike provinsiale wet, die Skool se beleid rakende die toelating van leerders tot die Skool en grade by die Skool te bepaal;
Aangesien die SBL met betrekking tot die kwessie van leerdertoelating tot die Skool of verskillende grade by die Skool op die volgende wetgewing (hierna “die wetgewing”) let:
(i) die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 (hierna “die Grondwet”);
(ii) die Suid Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996 (soos gewysig) (hierna “die Skolewet”);
(iii) artikel 3(4)(i) en 5 van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Nr. 27 van 1996 (“NEPA”);
(iv) die Toelatingsbeleid vir Gewone Openbare Skole, deur die Minister van Onderwys in Staatskoerant Nr. 19377 van 19 Oktober 1998 (Kennisgewing Nr. 2432/98) (hierna “ministeriële beleid”) gepubliseer; en
(v) toepaslike provinsiale wetgewing.
Aangesien die Skool en sy SBL die betrokke bepalings van die wetgewing raadpleeg in soverre dit vir hulle geld en bindend is en voorrang geniet bo die mag van die SBL om die Skool se toelatingsbeleid te bepaal, en terselfdertyd vasbeslote is om die volle toepassing van die Skool se toelatingsbeleid binne die perke van die wetgewing en van tyd tot tyd enige ander toepaslike wetgewing, te verseker;
Daarom verklaar die SBL namens die Skool nou die Skool se Beleid vir die Toelating van Leerders tot die Skool of Verskillende Grade by die Skool soos volg:
1. AANSOEKE OM TOELATING TOT DIE SKOOL
- Daar word erken dat –(a) die Departementshoof (Onderwys) (hierna “DH”) en/of amptenare van die departement van onderwys (DVO), insluitende die Prinsipaal, wat deur die DH gedelegeer is (hierna “die DH-gedelegeerde(s)”), vir die administrasie van leerdertoelating tot die Skool verantwoordelik is; en(b) die DH/die DH-gedelegeerde(s) ‘n registrasieproses vir toelating tot openbare skole moet bepaal sodat leerdertoelating op ‘n tydige en doeltreffende wyse plaasvind.
- Daar word beklemtoon dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal hierdie beleid te alle tye sigbaar, billik en ingevolge die wet in aanmerking moet neem tydens optrede ooreenkomstig paragraaf 1.1 hierbo of die beslissingsproses rakende toelatingsaansoeke. Die Skool en sy SBL sal ook van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om te alle redelike tye volle toegang tot en afskrifte van enige registers of lêers wat as deel van die toelatingsproses gehou word te verkry.
- Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om die inligtingsbylae vir beheerliggaamdoeleindes (hierby aangeheg) by die voorgeskrewe aansoekvorm in te sluit en die voltooiing daarvan deur die aansoeker te verseker.
- Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om te verseker dat aansoekers van die volgende in kennis gestel word en ook skriftelik bevestig dat hulle dit gelees het en begryp:
(a) die SBL-grondwet;
(b) die Skool se taalbeleid;
(c) die Skool se godsdiensbeleid;
(d) die Gedragskode vir Leerders; en
(e) hierdie toelatingsbeleid. - Die Skool en die SBL onderskryf die siening dat ingevolge die reg en by gebrek aan ‘n hofbevel tot die teendeel, die wettige Ouer(s)/voog(de) van ‘n minderjarige leerder die uitsluitlike reg het om te besluit by watter skool hulle kind/pleegkind ingeskryf word. Gevolglik aanvaar die Skool en SBL geen aansoek tensy dit ingedien word deur die ouer(s)/voog(de) van, of die persoon/persone met wettige aanspraak op sorg vir die minderjarige leerder, of ‘n persoon/persone wat skriftelik deur hulle daartoe gemagtig word nie. Voorts beskou die Skool en die SBL nougesette nakoming van hierdie benadering as noodsaaklik aangesien dit verseker dat geldige toestemming verleen word vir die behandeling van die leerder in loco parentis, vir die leerder se deelname aan uitstappies, ensovoorts. Gevolglik word daar van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal verwag om te verseker dat hierdie benadering streng nagekom word.
- Die SBL onderneem om die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal in pogings te ondersteun om die persone waarna daar in paragraaf 1.5 hierbo verwys word aan te moedig om voor die einde van die jaar wat die volgende skooljaar voorafgaan, om die toelating van hulle kinders/pleegkinders aansoek te doen.1.7 Onderhewig aan hierdie beleid vereis die SBL dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal leerdertoegang tot openbare skole, waaronder dié Skool, in oorleg met die Skool koördineer, en onderneem die SBL om opbouende ondersteuning te verleen ten einde te verseker dat alle geskikte leerders toepaslik toelating ontvang.
- As ‘n voorvereiste vir enige besluit rakende die toelating van ‘n leerder tot die Skool, vereis die Skool en die SBL dat die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Prinsipaal die volgende bepaling van die Grondwet streng nakom – “28 (2) – ‘n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak”.
2. KRITERIA VIR TOELATING
Aangesien die Skool en die SBL weet dat hulle nie onregverdig teen ‘n leerder mag diskrimineer namens wie ‘n toelatingsaansoek ingedien word nie, en dus geensins voornemens is om te diskrimineer nie, en hoewel hulle graag hulle deel tot leerderonderrig in vennootskap met die Staat wil bydra, begryp hulle dat die Skool nie alle leerders kan inneem nie. Daarom en in die lig van voorgenoemde, is dit die Skool se beleid dat die volgende kriteria vir alle aansoeke toegepas sal word.
- Huidige leerders
Voorkeur sal verleen word aan die behoeftes van leerders wat reeds by die skool ingeskryf is, en hulle sal redelike geleentheid gegun word om hulle skoolopleiding by die skool te voltooi met dien verstaande dat hulle aan die oudersdoms kriteria in par. 2.2 voldoen. - Ouderdom
’n Leerder wat met meer as twee jaar buite die ouderdomsnorm val, sal nie vir toelating oorweeg word nie. Die ouderdomsnorm is die graad plus 6 jaar. - Taalvaardigheid
Die vermoe van die leerder om Afrikaans of Engels voldoende as onderwysmedium te verstaan en te gebruik synde die Skool tans ‘n dubbelmedium-instelling is en dus slegs oor menslike hulpbronne beskik wat hoofsaaklik voorsiening maak vir daardie leerders wie se moedertaal of gekose onderrigtaal die onderrigtaal van die Skool is. Die redelike beskikbaarheid en toeganglikheid van ander skole in die omgewing waar die leerder se fundamentele regte of taal, kultuur en godsdiens in onderwysverband behoorlik uitgeoefen kan word. - Kapasiteit van die Skool
Die vermoë van die skool se infrasruktuur om die aantal leerders vir ‘n gegewe jaar te akkommodeer en in hierdie verband word die voorkeur volgorde in paragraaf 2.6 toegepas. - Volgorde van voorkeur
Tensy en totdat die DH in oorleg met die SBL anders besluit, is die natuurlike voedingsgebied van die Skool: Durbanville.(a) Eerstens, aansoeke namens leerders wat bona fide (werklik) saam met hulle ouers (soos in die Skolewet omskryf) binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, en wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is.
(b) Tweedens, aansoeke namens leerders wat bona fide (werklik) saam met hulle ouers (soos in die Skolewet omskryf) binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, en wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die toelatingsaansoek aangedui word) die onderrigtaal van die Skool is.
(c) Derdens, aansoeke namens leerders wie se ouer(s) werklik by ‘n adres binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool in diens is, en wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is.
(d) Vierdens, aansoeke namens leerders wie se ouer(s) werklik by ‘n adres binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool in diens is, en wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die toelatingsaansoek aangedui word) die onderrigtaal van die Skool is.
(e) Laastens, aansoeke namens leerders wat buite die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon en wie se moedertaal of gekose onderrigtaal die onderrigtaal van die Skool is, op ‘n eerste-kom, eerste-keuse-grondslag.Nieteenstaande voorgenoemde, behou die SBL die reg om oorheersende voorkeur te gee aan broers of susters van leerders wat reeds by die Skool ingeskryf is, en/of as hulle biologiese of aanneem ouers ‘n leerder van die Skool was. - Onderneming
(a) Indien die leerder se ouer skriftelik onderneem dat die leerder die gedragskode van die skool (ingevolge artikel 8 van die Skolewet 84 van 1996 daargestel) stiptelik sal nakom en dat die ouer alle redelike stappe sal doen om sodanige nakoming te verseker.
(b) Indien die leerder se ouer skriftelik onderneem om die toepaslike skoolfonds te betaal deur ondertekening van die standaardooreenkoms in hierdie verband.2.7 Algemene FaktoreEnige ander faktor wat na die mening van die Skoolhoof of die Beheerliggaam redelikwys in ag geneem te word by die oorweging van ‘n aansoek om toelating.
3. TOELATING VAN PERSONE SONDER SUID-AFRIKAANSE BURGERSKAP
Aansoeke om toelating van persone sonder Suid-Afrikaanse burgerskap sal hanteer word ooreenkomstig paragrawe 19-21 van die ministriële beleid.
4. WAGLYS
Indien ‘n leerder aan die kriteria van par.2 voldoen, maar daar is onvoldoende ruimte, fasiliteite en ander hulpbronne by die skool, sal die skoolhoof sodanige leerders se name op ‘n waglys plaas. Die skoolhoof kan dan op billike wyse toelating verleen aan leerders wie se name op die waglys is wanneer ruimte, fasiliteite en hulpbronne beskikbaar raak.
5. APPÈLPROSEDURE
Indien ’n ouer ontevrede is met die Skool se besluit om nié ’n leerder tot die Skool toe te laat nie, kan sodanige ouer vertoe aan die Beheerliggaam rig, en indien daar nie aan die vereistes voldoen word nie, kan ingevolge artikel 5(9) van die Skolewet by die Lid van die Uitvoerende Raad teen die besluit appelleer.
6. TYDPERK VIR REGISTRASIE
- Datums vir aansoek om toelating met betrekking tot die inskrywing van leerders vir die volgende jaar word deur die WKOD bepaal.
- Ouers wat dus hulle kinders die eerste keer by die Skool wil inskryf, moet die leerder by die Skool registreer in die jaar voor die skooljaar waarop die leerder se aansoek om toelating betrekking het.
- Alle aansoeke om toelating tot die skool namens ’n leerder word by die prinsipaal ingedien.
- Die ouers van die leerder sal binne ’n redelike tydperk, of binne die tydperk wat die DH bepaal, skriftelik van die aanvaarding of afwysing van hulle aansoek in kennis gestel word.
- Alle onsuksesvolle aansoekers sal dan in chronologiese orde op die waglys geplaas en ook aangeraai word om by ander skole buiten die Skool aansoek te doen.
- Die Skool sal ’n behoorlike register van alle aansoeke om toelating byhou.
7. VEREISTE DOKUMENTASIE
’n Ouer moet ’n aansoekvorm om toelating voltooi, welke vorm die prinsipaal aan hom/haar moet beskikbaar stel. Tesame met die aansoekvorm moet die ouer ’n amptelike geboortesertifikaat van die leerder aan die prinsipaal toon. Indien die ouer nie ’n geboortesertifikaat kan toon nie, kan die leerder voorwaardelik toegelaat word totdat ’n afskrif van die sertifikaat van die streekskantoor van die Departement van Binnelandse Sake verkry is. Die prinsipaal moet die ouers inlig dat dit ’n misdryf is om ’n valse verklaring oor die ouderdom van die leerder te maak.By aansoek om toelating moet die ouer bewys lewer dat die leerder teen die volgende siektes ingeënt is: polio, masels, tuberkulose, witseerkeel, klem-in-die-kaak en hepatitis B. Wanneer ’n leerder van een openbare skool na ’n ander verskuif, moet die prinsipaal ’n oorplasingskaart voltooi en dit hetsy aan die ouer oorhandig of na die ander skool aanstuur. Sien aanhangsel A by hierdie beleid vir ’n volledige lys van vereiste dokumente vir toelating.
8. SKOOLGELD
- Ouers (soos in artikel 1 van die Skolewet omskryf) se versuim, weiering of onvermoë om skoolgeld te betaal, kan nie die toelating van leerders tot die Skool verhoed nie. ‘n Leerder word toegelaat tot die totale skoolprogram en mag nie geskors word van klasse, toegang tot kultuur-; sport- en sosiale aktiwiteite geweier word, ‘n skoolrapport of oorplasingsertifikaat geweier word of andersins geviktimiseer word op grond daarvan dat sy/haar ouers –
(a) nie instaat is om skoolgeld te betaal nie of dit nog nie betaal het nie;
(b) nie die missiestelling en gedragskode van die skool steun nie;
(c) geweier het om ‘n kontrak aan te gaan ingevolge waarvan die ouers afstand doen van enige eis om skadevergoeding wat voortvloei uit die opvoeding van die leerder.Ingevolge artikel 38-41Ingevolge artikel 38-41 van die Skolewet, moet ‘n begrotingsvergadering van die ouers van ingeskrewe leerders by die Skool na dertig (30) dae kennisgewing aan ouers geskied. By hierdie vergadering besluit die meerderheid van die ouers teenwoordig op die aanvaarding al dan nie van die begroting wat vir die volgende boekjaar deur die SBL voorberei is. By dieselfde vergadering kan die meerderheid van stemgeregtigde ouers teenwoordig besluit dat die betaling van skoolgeld verpligtend moet wees, wat die skoolgeldbedrag per leerder per jaar sal wees, en watter maatstawwe sal geld vir algehele of gedeeltelike vrystelling aan ouers wat nie die volle verpligte bedrag of ‘n gedeelte daarvan kan betaal nie. Ouers wat nie daartoe in staat is om enige gedeelte van die bedrag of die volle bedrag te betaal nie, is daarop geregtig om op die voorgeskrewe vorms by die SBL om algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld aansoek te doen. Sodanige aansoeke moet vertroulik deur die SBL hanteer word. Die SBL sal billik optree en bogenoemde maatstawwe asook die bepalings van die ministeriële beleid en die Regulasies vir die Vrystelling van Ouers van die Betaling van Skoolgeld in Openbare Skole (Goewermentskennisgewing R1052) toepas. ‘n Afskrif van laasgenoemde sal op versoek aan ouers beskikbaar gestel word. Ouers wat om vrystelling aansoek doen, kan die Finansiële beampte by die Skool vir bystand met die aansoek nader. ‘n Ouer/ouers wat deur die SBL se besluit verontreg voel, kan ingevolge die prosedure wat in genoemde regulasies uiteengesit word, by die DH appelleer. - Aansoekers om vrystelling moet egter daarop let dat die gekombineerde jaarlikse inkomste van ouers in berekening gebring word in die besluit of ouers vir vrystelling in aanmerking kom al dan nie. “Gekombineerde jaarlikse bruto inkomste van ouers” word in regulasie 1 van voorgenoemde regulasies omskryf as “die saamgetelde bruto inkomste van al die ouers van ‘n leerder soos in die Wet omskryf…”.8.3 Die aansoeker se aandag word voorts op die volgende bepaling van die Skolewet gevestig – (Artikel 41) – “Die beheerliggaam van ‘n openbare skool kan die betaling van skoolgelde deur ouers wat daarvoor aanspreeklik is, deur regsproses afdwing.”8.4 Ouers van leerders word aangemoedig om die hoë onderrigstandaard en die goeie skoolfasiliteite en -omgewing in stand te hou deur skoolgeld te betaal en, waar hulle algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van verpligte skoolgeld ontvang, hulle dienste tot voordeel van die Skool aan die SBL beskikbaar te stel.
Hierdie beleid mag van tyd tot tyd deur die SBL gewysig, aangevul, verander of aangepas word.
Aanhangsel A
Vereiste inligting vir beheerliggaamdoeleindes bo en behalwe die besonderhede wat ingevolge ministeriële beleid, provinsiale beleid of wette verstrek moet word:
- Die naam, woonadres, werkadres en alle telefoon-, faks- of e-posbesonderhede van elke persoon wat onder die omskrywing van “ouer” in die Skolewet val
- ‘n Gewaarmerkte afskrif van enige hofbevel of enige testamentêre geskrif wat voogskap of wettige aanspraak op sorg, of enige soortgelyke reg van die persoon (“ouer”) wat daarop aanspraak maak, bevestig
- ‘n Beëdigde verklaring, werkgewersertifikaat, elektrisiteitsrekening of enige ander bewys wat redelikerwys deur die SBL vereis mag word om ‘n leerder en sy/haar “ouers” se woonplek, of die feit en plek van indiensneming van die leerder se “ouers” te verifieer
- ‘n Afskrif van ‘n identiteits- of ander dokument wat die identiteit van elke persoon wat onder die omskrywing van “ouer” in die Skolewet val, tot die redelike bevrediging van die SBL bevestig
- Die onderrigtaal wat namens die voornemende leerder gekies word
- Besonderhede van enige aanmeldbare siekte waaraan die leerder (moontlik) ly
- Besonderhede van enige ernstige oortreding waaraan die leerder deur ‘n hof of enige skool waar die leerder voorheen ingeskryf was, skuldig bevind is
- ‘n Voltooide gedragsertifikaat van die skool waar die leerder tans ingeskryf is
- Besonderhede van enige toestand van die leerder wat die liggaamlike welsyn van enige ander leerder of personeellid van die Skool kan raak
- Besonderhede van enige bepaalde behoeftes wat die leerder mag hê en wat mag aandag verg om die leerder se skoolervaring te maksimaliseer of sy/haar beste belange te bevorder
- Besonderhede van enige toestand of omstandighede waarvan die Skool bewus behoort te wees ten einde die beste belange van die leerder en/of enige ander leerders van die Skool te beskerm
Aanhangsel B
Die SBL het die Skool se maksimum kapasiteit vir leerdertoelating soos volg bepaal:
Totale getal leerders in Skool: | 920 |
---|---|
Per klas: | 32 leerders (Graad1) / 30 leerders (Graad 2-3) |
Per graad: | |
Graad 1: 320: | 10 klasse per graad |
Graad 2: 300: | 10 klasse per graad |
Graad 3: 300: | 10 klasse per graad |
Die volgende faktore is by die bepaling van die Skool se kapasiteit in ag geneem:
- Dat die leerder se belange voorkeur geniet
- Die aantal beskikbare opvoeders
- Die beskikbare ruimte vir administratiewe behoeftes
- Die beskikbare aantal geskikte klaskamers
- Die behoefte aan ruimte vir sport-, kultuur- en ontspanningsaktiwiteite
- Die beskikbare ruimte in die bestaande media- en rekenaarsentrum en die skoolsaal
- Die beskikbare sanitêre geriewe
- Parkeergeriewe
- Veiligheidsmaatreëls
- Die maksimum toelaatbare getal leerders per klas
- Internasionaal erkende beste praktyk met betrekking tot klasgroottes ten einde doelmatige en doeltreffende onderrig van gehalte te lewer
BELEID: LEERDERTAL (fisiese kapasiteitsbepaling)
DOEL: Om vir elke leerder in die skool ’n ideale leeromgewing vir maksimum leer te skep. Dít word gedoen deur fasiliteite ten beste te benut met die oog op suksesvolle kennisoordrag en ’n positiewe leerervaring.
DOKUMENTE GEBRUIK/GERAADPLEEG
- Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996;
- Die Suid-Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996
- Die Wet op Beroepsveiligheid en -gesondheid, Nr. 85 van 1993
- SABS 0400-bouregulasies
- Kurrikulumverklarings en ander verspreide beleidsdokumente (soos die Nasionale Kurrikulumverklarings Graad 10–12: Gasvryheidstudies, Januarie 2008)
BEPALING VAN LEERDERKAPASITEIT
1. Klaskamers (deur staat verskaf)
Tipe | Getal | m2 |
---|---|---|
Permanent | 11 | 11 x 6,880 x 8,884 |
5 | 5 x 6,680 x 7,704 | |
Tydelik |
2. Klaskamers (deur beheerliggaam verskaf)
Tipe | Getal | m2 |
---|---|---|
Permanent | 12 | 12 x 7,720x 8,860 |
Tydelik |
KAPASITEIT:
Leerders per klas
Formule: Klasgrootte (m2) minus totale getal leerdertafels (m2) en onderwysertafel (m2) en ander meubels/toerusting soos kaste, minus 2,25 m2 (ruimte vir opvoeder) ÷ 0,9 m2 (bewegingsruimte per leerder) = leerdervermoë per klas
(SABS 0400-standaarde bepaal dat elke leerder 0,9 m2 bewegingsruimte moet hê, en elke opvoeder 2,25 m2.)
Leerders per skool
Totale getal klaskamers x maksimum leerderkapasiteit per klas = skoolkapasiteit
3. Ander fasiliteite wat nie geskik is as klaskamers nie
- Rekenaarsentrum
- Mediasentrum
- Skoolsaal
- Kantore
- Personeelkamer
- Stoorkamers
- Ander (spesifiseer)
Trust: Tienie Louw Sentrum
Kleedkamers
Getal seuns
Seuns | Werklike getal | SABS getal |
---|---|---|
Toilette | 10 | |
Urinale | 2 | |
Wasbakke | 12 |
Getal dogters
Dogters | Werklike getal | SABS getal |
---|---|---|
Toilette | 13 | |
Wasbakke | 12 |
(Sien SABS 0400-bouregulasies vir die berekening van die getal fasiliteite in vergelyking met die getal persone)
Plaaslike verordeninge, soos brandweer- en ander veiligheidsmaatreëls (Raadpleeg plaaslike bou- en/of brandweerverordeninge) Verklarende notas (sal van skool tot skool verskil)
- Die SBL het ’n bydrae gemaak tot voordeel van die leerders en het klasgroottes van ± (getal) bewerkstellig vir doeltreffende onderrig, en nie om skoolkapasiteit te verhoog nie.
- Toilette en wasbakke is reeds oorbenut.
- Daar is tans geen uitbreidingsgeleenthede op die terrein nie, en ook geen SBL- finansiering nie.
- Sportvelde het plek vir net (getal) toeskouers (1 persoon per m2 – sien aangehegte tabel 2). Voorbereidingskool Durbanville is vol as daar 920 leerders ingeskryf is.
Tabel 1 – Benuttingsklas van gebou
[Tabel 1 gewysig deur r. 71 van Regeringskennisgewing R.574 van 30 Mei 2008, met ingang van 1 Oktober 2008]
1 | 2 |
---|---|
Benuttingsklas van gebou | Benutting |
A1 | Vermaak en openbare byeenkomste Waar persone byeenkom om te eet, te drink, te dans of aan ander ontspanningsaktiwiteite deel te neem |
A2 | Teater en binnenshuise sport Waar persone byeenkom om na teater-, opera-, orkes-, koor-, film- of sportvertonings te kyk |
A3 | Onderrigplekke Waar skoolkinders, studente of ander persone vir onderrig- of leerdoeleindes byeenkom |
A4 | Aanbidding Waar persone vir aanbiddingsdoeleindes byeenkom |
A5 | Buitesport Waar persone na buitesportgeleenthede kyk |
Tabel 2 – Beoogde besetting
[Tabel 2 vervang deur Regeringskennisgewing R.432 van 1991, en deur r. 72 van Regeringskennisgewing R.574 van 30 Mei 2008, met ingang van 1 Oktober 2008]
1 | 2 |
---|---|
Benuttingsklas van lokaal, of verdieping of gedeelte daarvan | Benutting |
A1, A2, A4, A5 | Getal vaste sitplekke, of 1 persoon per m2 by gebrek aan vaste sitplekke |
E1, E3, H1, H3, H4 | 2 persone per slaapkamer |
E4 | 16 persone, mits die totale getal persone per kamer nie 4 oorskry nie |
H5 | 16 persone per wooneenheid, mits die totale getal persone per kamer nie 4 oorskry nie |
G1 | 1 persoon per 15 m2 |
J1, J2, J3, J4 | 1 persoon per 50 m2 |
C1, E2, F1, F2 | 1 persoon per 10 m2 |
B1, B2, B3, D1, D2, D3 | 1 persoon per 15 m2 |
C2, F3 | 1 persoon per 20 m2 |
A3, H2 | 1 persoon per 5 m2 |
Tabel 4 – Voorsiening van vaste sanitêre toebehore
1 | 2 | 3 |
Soort benutting en besetting | Vaste toebehore | Uitsonderings |
A3 | Tabel 6 |
Tabel 6
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 |
---|---|---|---|---|---|
Vir besetting van tot – | Getal vaste sanitêre toebehore wat vir bepaalde besettingsyfer in kolom 1 geïnstalleer behoort te word | ||||
Mans | Vroue | ||||
Toilette | Urinale | Wasbakke | Toilette | Wasbakke | |
15 | 1 | 1 | 1 | 2 | 1 |
30 | 1 | 2 | 2 | 3 | 2 |
60 | 2 | 3 | 3 | 5 | 3 |
90 | 3 | 5 | 4 | 7 | 4 |
120 | 3 | 6 | 5 | 9 | 5 |
Vir besetting van meer as 120, voeg 1 toilet, 1 urinaal en 1 wasbak vir elke 100 persone by | Vir besetting van meer as 120, voeg 1 toilet vir elke 50 persone by | Vir besetting van meer as 120, voeg ’n wasbak vir elke 100 persone by |